AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9092
0,00
CORN
04 Okt
-
4886
0,00
SOYA
04 Okt
-
9180
0,00
SUNS
04 Okt
-
9985
0,00
WEAT
04 Okt
-
7142
0,00
WMAZ
04 Okt
-
4899
0,00
YMAZ
04 Okt
-
4833
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

LW-man wen gesogte prys

Landbouweekblad se Oos-Kaapse redakteur, mnr. Theuns Botha, is vanjaar se wenner van die gesogte John Deere-prys vir landboujoernalistiek. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat 'n redaksielid van Landbouweekblad dié toekenning ontvang.

Hy het die prys — 'n studiereis van R20 000 na enige plek in die wêreld — op 'n onthaal in Pretoria van mnr. Bert Pepler, besturende direkteur van John Deere Suid-Afrika, ontvang. Tydens dieselfde geleentheid is mnr. Rudi Viljoen van die Landboukollege Laeveld op Nelspruit as Landboustudent van die Jaar bekroon, met 'n rekenaar van R15 000 as prys.

Mnr. Botha het twee van die drie afdelings van die wedstryd vir Landboujoernalis van die Jaar gewen, naamlik die afdeling vir operasionale artikels en nuus, terwyl hy ook die algehele wenner was. Die ander afdeling (strategiese artikels) is deur me. Sonja Burger van Farmer's Weekly ingepalm.

Mnr. Pepler het gesê hy hoop die prys wat John Deere jaarliks sedert 1976 aan die top-landboujoernalis toeken, help om die landbou te ontwikkel. Hy vertrou ook die wedstryd vir studente aan landboukolleges is 'n aansporing om 'n bydrae tot die landbou te lewer.

Hy het gesê vanjaar was 'n verrassing vir vervaardigers van landbouwerktuie weens 'n groot oplewing in die verkope van trekkers, die maatstaf waaraan die bedryf hom meet. Totale verkope in die eerste nege maande was sowat 50 % meer as in 2001 toe 2 700 nuwe trekkers in Suid-Afrika verkoop is. Die oplewing het in Maart begin ná goeie reen en groot oeste. Dit het boere in staat gestel om hul trekkervlote te verander en vernuwe, wat vir baie jare nie moontlik was nie weens moeilike landboutoestande, waartydens die nasionale trekkervloot van 200 000 tot 90 000 gekrimp het.

Hopelik sal hierdie beter tye tot in 2003 voortduur, maar 'n El Niño dreig, wat droogtes meebring en tesame met 'n verwagte styging in insetkoste 'n dramatiese daling in besteebare geld vir boere sal veroorsaak.

16 Oktober

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.66
-0.1%
Rand - Pond
20.19
+0.2%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,719.44
-0.4%
Silwer
20.80
-1.3%
Palladium
2,305.64
-0.7%
Platinum
925.00
-0.9%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,839
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot