AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Maak deur oop vir EU-slaptjips, vra invoerders

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Verskaf
Ter illustrasie. Foto: Verskaf
Die plaaslike slaptjipsbedryf trek weens beurtkrag swaar om voor te bly met verwerking, maar die invoerbedryf meen dis juis daarom nou die tyd om teenstortingstariewe op ingevoerde skyfies uit Europa op te hef.

Volgens mnr. Donald MacKay, uitvoerende hoof van XA International Trade Advisors, het die prys van slaptjips met 88% gestyg, van R16/kg verlede jaar tot R30/kg vanjaar.

MacKay en mnr. Georg Southey, hoofbestuurder van Merlog Foods, verspreider van plaaslike en ingevoerde bevrore vleis en groente, het op ’n webinaar aan joernaliste gesê hulle doen ’n beroep op mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, om die teenstortingstariewe op bevrore aartappelskyfies uit Duitsland, Nederland en België van tot sowat 180% ter wille van verbruikers op te hef.

Southey het gesê die teenstortingstariewe is verantwoordelik vir sowat 20% van die prysstyging van 88%. Dié tussentydse tariewe is op 15 Julie afgekondig en geld vir ses maande, waarna ’n besluit vir heeltydse tariewe, wat gewoonlik vir vyf jaar geld, verwag word.

Patel het vroeër vanjaar nie ’n aanbeveling van die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) gevolg om teenstortingstariewe op sekere hoendersnitte uit vyf lande in te stel nie. Hy het besluit om die inwerkingtreding daarvan, ter wille van verbruikers se moeilike omstandighede, vir 12 maande op te skort.

Volgens MacKay is daar nie ’n algehele tekort aan aartappels nie, maar wel, weens droogte, aan die kultivars wat vir slaptjips gebruik word. In die sewe jaar wat die slaptjipbedryf beskerming teen storting gehad het, het die plaaslike bedryf volgens hom nie produksie en verwerkingskapasiteit verhoog om aan die groeiende vraag te voldoen nie.

Volgens Southey het Itac in ’n verslag gesê McCain Foods SA, Suid-Afrika se grootste produsent van aartappelskyfies met ’n markaandeel van sowat 75%, het in 2021 500 produksieskofte weens kragonderbrekings verloor. Dit het ’n uitwerking op die beskikbaarheid van skyfies.

Geen droogte, eerder beurtkrag

Mnr. Willie Jacobs, uitvoerende hoof van Aartappels Suid-Afrika, het by navraag gesê daar was nie die afgelope twee jaar ’n droogte in enige aartappelproduksiegebied nie. Boonop word die grootste deel van produksie in somerreëngebiede onder besproeiing gedoen.

“Die vermeerdering van kultivars hou verband met projekbeplanning,” sê hy. “As die mark bestendig genoeg is, behoort die huidige vervaardigers nie probleme te ervaar ten opsigte van beskikbaarheid van produk of kultivar nie.” Onbeplande invoer ontwrig egter die waardeketting.

Jacobs het gesê die huidige slaptjipsverwerkers in Suid-Afrika verkies om hul eie kultivars vir spesifieke produklyne te gebruik, maar daar is meer as genoeg bewyse dat die tafelkultivars wat geproduseer word, tot ’n groot mate sal voldoen aan die vereistes vir slaptjips. “Daar is voortdurend meer as 25 kultivars binne ons navorsingsportefeulje waarvan ten minste vier of vyf verwerkingskultivars is.”

Prysbewegings is die gevolg van vraag en aanbod. “Die vraag na tjips en die aanbod van vars aartappels volg nou twee afsonderlike lyne. Dit is nie meer dieselfde waardeketting nie en die gaping tussenin word veroorsaak deur die kapasiteitsprobleem weens beurtkrag.”

Storting ’n oortreding

Jacobs het gesê teenstortingstariewe word slegs ingestel wanneer bevind word dat internasionale reg oortree word. “Teenstortingstariewe is billik wanneer bevind word dat ’n maatskappy produkte teen onmededingende pryse invoer en lewer. Dit benadeel die mededingendheid van plaaslike produksie en knel die volhoubaarheid van die plaaslike bedryf.”

Wanneer teenstortingstariewe vir vyf jaar ingestel word, help dit om die bedryf te laat belê in groter verwerkingskapasiteit. Van die verwerkers het reeds uitgebrei of is besig. Daar is ook reeds bepaal dat die huidige kapasiteit in die totale vraag van Suid-Afrika kan voorsien, mits kragvoorsiening ononderbroke is.

Verdere uitbreiding val binne die mandaat van die meesterplan vir landbou en landbouverwerking. “Ons voer reeds in die aartappelbedryf gesprekke met belanghebbendes oor die benutting van geleenthede. Daar is voldoende rede om aan te voer dat daar beleggingsgeleenthede is vir die ontwikkeling van infrastruktuur en produksiekapasiteit met betrekking tot verwerking binne die aartappelbedryf.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
+1.8%
Rand - Pond
21.11
+1.0%
Rand - Euro
18.14
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,795.36
-0.2%
Silwer
23.01
-0.6%
Palladium
1,914.91
+0.8%
Platinum
1,023.63
+0.4%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,173
+1.4%
Alle aandele
75,334
+1.4%
Hulpbronne 10
75,189
+1.6%
Industriële 25
92,282
+0.8%
Finansiële 15
15,820
+2.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot