AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Maak nóú werk van antibiotika-weerstand

Antibiotikaweerstandigheid is beslis nie 'n nuwe probleem nie maar dit raak tans so 'n groot probleem dat veeboere hulle praktyke sal moet aanpas as hulle oor 40 jaar nog antibiotika wil gebruik.

Veeboere sal hul strewe na 100% produktiwiteit en sommige tradisionele behandelingsmetodes moet opoffer indien die wêreld nog oor 40 jaar van antibiotiese middels gebruik wil maak.

So het prof. Michael Apley van die Kansas Universiteit se Kollege vir Veeartsenykundige Geneeskunde, tydens die Herkouerveterinêrevereniging (Ruvasa) se jaarkongres by Misty Hills naby Muldersdrift gesê.

“Die laaste keer wat ’n nuwe antibiotikagroep geïdentifiseer is, was in 1978, wat beteken dat ons 40 jaar gelede die laaste antibiotika ontdek het. Ons het dus reeds al die antibiotika gekry wat ons gaan kry en ons moet dit wat ons het met geweldige omsigtigheid hanteer.

"Die verantwoordelikheid hiervoor lê by die veeartse om te verseker dat die regte prosedures gevolg word voor antibiotika voorgeskryf word,” sê hy. Oordeelkundige gebruik van antibiotika berus op ’n paar beginsels, ongeag die tak van medisyne of dierespesie wat behandel word.

“Rentmeesterskap vir die gebruik van antibiotika beteken die veearts is verantwoordelik vir ’n korrekte diagnose. Van daar moet hy homself eers afvra of hy nie ’n alternatiewe medisyne eerder as ’n antibiotika kan gebruik nie.

Indien nie, moet ’n antibiotika gekies word wat veilig en doeltreffend vir die spesifieke geval bewys is. Indien die veearts homself vergewis het dat daar geen ander keuse bestaan nie, kan die antibiotika aangewend word,” sê hy.

Niks nuuts nie

Antibiotiese weerstandigheid is nie ’n fenomeen wat begin het na dr. Alexander Fleming se ontdekking van penisillien nie, het dr. Michael Brink, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Antibiotiese Bestuursprogram (SAASP), gesê.

“Monsters wat geneem is van 30 000-jaar oue permafrost het bakterieë bevat wat reeds weerstandig teen sommige antibiotika was. Dit is dus nie ’n nuwe kwessie nie, maar een wat reeds vir baie lank bestaan. Hierdie weerstandigheid word op verskeie maniere, beide direk en indirek, tussen mense en produksiediere versprei.

"Hierdie maniere verskil nie net tussen verskillende bakterieë en verskillende weerstandigheidsmeganismes nie, maar ook in verskillende omgewings.

“Genoomkartering sal moontlik uiteindelik meer lig werp op die rol van produksiediere in die verspreiding van antibiotikaweerstandigheid in mense, en andersom, maar dit is navorsing wat nog gedoen moet word,” het Brink gesê.

Om hierdie rede moet ’n eenvormige strategie wêreldwyd ontwikkel en toegepas word wat mense, diere en die omgewing omvat. Daar word na dié strategie verwys as One Health.

Beter bestuur

“Die strategie sal op meer moet fokus as net die vermindering van die gebruik van antibiotika, omdat antibiotika nie voor die voet afgeskaf kan word nie. Trouens, die gebruik van antibiotika in Suid-Afrika sal na verwagting teen 2030 met meer as 65% gestyg het. Die vraag is dus hoe om antibiotikaweerstandigheid beter te bestuur,” sê Brink.

Suid-Afrika het reeds ’n intersektorale ministeriële advieskomitee tot stand gebring onder die bestuur van die Departement Gesondheid om riglyne vir antibiotikaweerstandigheid vas te lê.

Dit bevat verteenwoordigers uit beide regeringslui en verteenwoordigers van laboratoriumnetwerke, private hopsitaalgroepe, nie-regeringsorganisasies, akademia en professionele verenigings.

“Ingrypings om die totale gebruik van antibiotika te verbeter terwyl so min moontlik skade aangerig word, gaan ’n verskeidenheid samelopende strategieë verg, gerig op die publiek, diegene wat voorskrifte vir antibiotika uitreik, hospitale, en ook veeartse en boere,” het Brink gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot