AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9092
0,00
CORN
04 Okt
-
4886
0,00
SOYA
04 Okt
-
9180
0,00
SUNS
04 Okt
-
9985
0,00
WEAT
04 Okt
-
7142
0,00
WMAZ
04 Okt
-
4899
0,00
YMAZ
04 Okt
-
4833
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Maermaak- en doodmaak-maand kom’

Vanjaar gaan die gesegde “September is die maermaak-maand en Oktober die doodmaak-maand” tot ’n baie groter mate geld, sê prof. HO de Waal.

Die uitwerking van die 2015/’16-droogte gaan vir jare in die landbou- en voedselwaardeketting sigbaar wees, sê Vrystaat Landbou.

Hoewel goeie reën vir die komende maande voorspel word, gaan dit nie boere se finansiële probleem onmiddelik aanspreek, of weiding vinnig laat herstel nie, sê Vrystaat Landbou (VL) in ’n mediaverklaring.

VL deel die raad van prof. HO de Waal, van die departement van vee-, wild- en weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy fokus veral op die moeilike maande van September en Oktober, wanneer die tekort aan weiding en voldoende reën die afgelope seisoen, na verwagting veral uitdagend gaan wees.

“Verskeie landbou-ondernemings het al aangedui dat hulle verwag dat die 2016/’17-finansiële jaar besonders uitdagend vir die bedryf gaan wees, met talle landbouers wat hulle boerderye weer op dreef moet kry terwyl hulle skuld uiters versigtig moet bestuur. ’n Bydraende faktor sal korrekte kudde bestuur wees, veral waar landbouers weens die droogte net hul kernkudde kon oorhou en dus hul veekuddes weer moet uitbou,” lui die verklaring.

“Nou is werklik die tyd om na kundiges te luister en jou boerdery asook uitdagings wetenskaplik te benader. Wat beplanning betref, moet nie net fokus op hoe om die krisis te oorleef nie, hou langtermynbeplanning in die oog soos wat jy besluite oor jou boerdery moet maak,” sê mnr. Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte van VL.

Prof. de Waal se boodskap: Oorlewing van vee in die komende maande

Die seisoene het begin draai. Met die komende warmer Augustus/September-maande gaan die situasie op veld, veral waar karige weidingsmateriaal nog beskikbaar is, merkbaar verander.

Ouer boere ken die algemene gesegde “... September is die maermaak-maand en Oktober die doodmaak-maand!” Vanjaar gaan dit in baie groter mate geld. Vee, veral skraal beeste wat tot dusver nog redelik goed die droogtetoestande (voerskaarstes) kon hanteer, gaan dan vinniger agteruitgaan in kondisie. Dit is deels toe te skryf aan droë gras wat op hul karige wortelreserwes gaan begin uitloop, selfs met min beskikbare grondvog.

Weidende diere kan hierdie groener materiaal eenvoudig nie weerstaan nie, veral nie onder toestande van groot voerskaarstes nie. Dit lei tot ’n verspilling van kosbare energie deur diere om die karige groen grasbotsels na te loop en verder maak die inname van groen materiaal met ‘n hoë waterinhoud die pense baie los met tipiese nat mis. Die vinniger deurvloei van klein hoeveelhede groener materiaal deur die dermkanaal is onder sulke omstandighede baie nadelig vir herkouers.

Diere moet nou toegang hê tot hooi in lang vorm (nie gemaal nie), droë grashooi wat op padreserwes gesny is en koringstrooi/oesreste sal in die doel dien. Dit sal die tempo waarteen materiaal deur die grootpens vloei vertraag. Onthou ook om klein hoeveelhede N (natuurlike proteïen of NPN) aan diere te voer.

Onthou voerkorrels is goeie, maar relatief duur, voerbronne. Die materiaal is redelik fyn gemaal om tydens verwerking die voerkorrels te vorm. Ongelukkig veroorsaak die fyner gemaalde ruvoer in die voerkorrels dat die deurvloeitempo versnel en die benutting (vertering – korter blootstelling van vesel aan fermentasie deur mikrobe) is ook minder effektief. Indien slegs voerkorrels as voerbron beskikbaar is, moet diere gerantsoeneer word – dit is nie nodig om diere voluit te voer vir oorlewing nie.

Die algemene verwagting is dat dit binne die volgende paar weke mag begin reën. Daar het egter nog nooit kos op veld gereën nie. Nadat effektiewe reën geval het neem dit sowat vier tot ses weke om werklik sterk weidingsmateriaal op veld te ontwikkel. Ongelukkig is droë veld wat dan begin uitloop ook baie kwesbaar. Diere in swak kondisie wat natreën is ook baie meer kwesbaar tydens gure weer.

Afgesien van faktore wat reeds hierbo genoem is, word jong ontkiemende saailinge ook fisies uitgetrek. Dit sou beter wees om die diere – indien enigsins moontlik – op die minder kwesbare weidings/oesreste/aangeplante weiding te hou sodat die nuwe groei op veld eers goed kan vestig.

Toegegee, om die voorstelle hierbo uit te voer gaan dikwels op baie plase eenvoudig nie moontlik wees nie. Nietemin, probeer egter om die kort- en langer termyn-skade op beide die veld en die diere deur oordeelkundige bestuur sover moontlik te beperk.

Vele boere het reeds gemerk dat minder koeie na afloop van die normale dekseisoen weer dragtig is. Uit paniek is sulke diere weer by die bul gesit. Die koeie wat wel moontlik bevrug is gaan nou volgende jaar heeltemal buite seisoen kalf – met eiesoortige voedingsprobleme wat dan weer voorlê.

Onthou om 'n realistiese poging aan te wend om ’n kontantvloei of sinvolle finansiering te reël om noodsaaklike aktiwiteite strategies in stand te hou. Die finansiële posisie van baie boere is reeds benard. Die insette van georganiseerde landbou en bedryfsorganisasies om boere te help, word opreg verwelkom.

Vir meer inligting, kontak: Kontak prof. HO de Waal by deWaalHO@ufs.ac.za.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.69
-0.3%
Rand - Pond
20.22
+0.0%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,718.10
-0.5%
Silwer
20.79
-1.3%
Palladium
2,302.47
-0.9%
Platinum
923.74
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot