AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Magtigings raak nie wettige waterregte

’n Boer wat tot dusver wettig water vir besproeiing onttrek en opgegaar het, hoef hom nie oor die nuwe algemene magtigings te bekommer nie, sê Agri SA.

’n Boer wat tot dusver wettig water vir besproeiing onttrek en opgegaar het, hoef hom nie oor die nuwe algemene magtigings te bekommer wat die Regering kragtens die Waterwet voorstel nie, sê Agri SA.

Dié organisasie sê in sy voorlopige kommentaar die hersiene hoeveelhede in die Departement van Waterwese se konsepmagtigings, wat in April in die Staatskoerant afgekondig is, is net op nuwe ontwikkelings van toepassing.

Dit raak of beperk nie die hoeveelhede water wat ingevolge enige bestaande wettige watergebruik onttrek mag word en wat reeds geregistreer is nie. Die betrokke aankondiging in die Staatskoerant is deel van die regeringsproses om die bestaande algemene magtigings vir waterverbruik te hersien. Dit geld sedert 2004.

Volgens Waterwese is die algemene magtigings vir die onttrekking van grondwater wat hy nou voorstel, in die algemeen nie konserwatiewer as die bestaande magtigings nie.

Dit is op nuwe inligting gegrond en behels eerder ’n verfyning van die algemene magtigings van 2004, sê mnr. Flip Nöthling, hoofingenieur van onttrekking en opgaring by Waterwese.

“Omdat alle waterbronne (oppervlak- én grondwater) deurentyd op ’n groter skaal benut word en onder groter druk kom, kan ’n mens verwag dat die algemene magtigings mettertyd kleiner sal word.”

Die maksimum perk vir die onttrekking van grondwater is wel verminder, sê Nöthling. Die enkele perk van 150 000 kubieke meter per jaar per eiendom is in sommige gebiede vervang deur ’n reeks perke van 2 000 tot 80 000 kubieke meter per jaar.

Volgens prof. Gerrit van Tonder, geohidroloog van die Universiteit van die Vrystaat, is die nuwe voorstel op talle plekke kleiner as wat voorheen toegelaat was.

Hy het die voorgestelde nuwe magtigings vroeër as “belaglik” bestempel. ’n Verdere probleem is dat dit tot twee jaar kan duur om ’n lisensie vir die gebruik van meer water as die algemene magtiging te bekom, sê Van Tonder.

Nöthling sê egter dat die departement sy proses van lisensiegoedkeuring grootliks verbeter het sodat oorweging nou nie langer as ses maande behoort te duur nie. Dit is as ál die nodige inligting beskikbaar is.

Van Tonder meen nietemin dat die rol van grondwater in Suid- Afrika onderskat word. Hy haal dr. Shafick Adams, navorsingbestuurder van die Waternavorsingkommissie, aan: “Die totale beraamde volume beskikbare, hernieubare grondwater in Suid-Afrika is 10 343 miljoen kubieke meter per jaar of 7 500 miljoen kubieke meter per jaar in droogtetoestande.

"Tans word 2 000 miljoen tot 4 000 miljoen kubieke meter per jaar van hierdie grondwater benut, wat sowat 20% tot 40% is.” Met die regte bestuur kan veel meer grondwater doeltreffend benut word, meen Van Tonder.

28 Mei 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.95
+0.7%
Rand - Pond
19.41
-0.4%
Rand - Euro
17.30
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,636.61
+0.9%
Silwer
18.67
+1.7%
Palladium
2,057.00
+0.7%
Platinum
863.50
+1.2%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,501
+0.4%
Alle aandele
63,851
+0.4%
Hulpbronne 10
56,307
+0.2%
Industriële 25
79,590
+0.1%
Finansiële 15
14,137
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot