AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Mahanjana: Belê só in landbou

Dit is noodsaaklik vir die Regering en die private sektor om saam te werk ter wille van landbou-ontwikkeling, sê mnr. Aggrey Mahanjana van Afasa.

'n Landboubedryf wat nie swart boere bemagtig, voedselsekuriteit bevorder en werksgeleenthede skep nie, sit die pot geheel en al mis, het mnr. Aggrey Mahanjana, sekretaris-generaal van die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa), by Agri SA se bedryfskonferensie gesê.

Mahanjana het tydens 'n paneelbespreking oor die finansiering vir landbou-ontwikkeling gesê dié drie faktore behoort die dryfveer vir belegging te wees maar dat verskeie komplikasies vordering kortwiek.

Waar is die geld?

Volgens Mahanjana het die Regering kwansuis miljarde in die landbou belê, wat geen naspeurbare impak op die bedryf gemaak het nie. "Jy sal nie dié geld kry as jy daarna soek nie. Jy kan dit nie sien in die bedryf nie!"

Die Regering is egter nie die enigste sondebok nie, sê Mahanjana. Hy beskuldig die private sektor daarvan dat hulle die Regering om die bos lei om finansiering te bekom en dié fondse dan vir hulle eie doeleindes aanwend.

"Almal wil hulle hand in die beursie druk. Mense weet daar is geld by die Regering en almal soek 'n deel daarvan.

"Sommige projekte word ook aangepak ter wille van swart ekonomiese bemagtigingsteikens en nie om enigiemand as sulks te ontwikkel nie. Dié sektor kan nie ontwikkel word as dié tipe optrede voortduur nie," sê Mahanjana.

Oplossings

Ten spyte van beide die private sektor én die Regering se tekortkominge, is dit noodsaaklik dat dié twee hande vat om saam die bedryf te ontwikkel.

"Ons kan nie landbou-ontwikkeling na behore finansier sonder openbare en private vennootskappe nie. Die Regering sal met die private sektor moet saamwerk om sukses te behaal, want die Regering het nie die kapasiteit wat betref hulpbronne en tegnologie om dit alleen te doen nie."

Die skep van 'n boere-register sal bemagtigingspogings ondersteun, sodat hulp en fondse op 'n effektiewe en gepaste manier verskaf kan word.

"Indien jy net geld in die rigting van enige swart boer gooi, sal jy alles verloor. Ons moet weet met wie ons te doen het, in watter fase van sy besigheid die boer tans is, wat sy spesifieke behoeftes is en waarheen hy graag sy boerdery wil neem."

Mahanjane voer aan dat belegging gemaak moet word met die kommersialisering van boere as mikpunt en dat bestaansboere nie die teiken van belegging behoort te wees nie.

"Jy mors jou geld indien jy belê in bestaansboere en nie in 'n boer wat in die toekoms kan bydra tot ekonomiese ontwikkeling nie. Dit is soos om water in 'n emmer vol gate in te gooi," sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
+0.1%
Rand - Pond
19.22
+0.6%
Rand - Euro
17.27
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,637.02
+0.5%
Silwer
18.34
-0.3%
Palladium
2,089.00
+0.6%
Platinum
851.50
-0.2%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,119
-0.9%
Alle aandele
63,453
-0.9%
Hulpbronne 10
57,497
+0.9%
Industriële 25
78,117
-1.5%
Finansiële 15
14,029
-1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot