
Lindeque boer met makadamias tussen Nelspruit en Barberton. Hy bedryf ’n kwekery waaruit hy nie net vir sy eie boorde makadamiaboompies kweek nie, maar ook om aan ander boere te lewer.
Sy drogingsaanleg span hy in om vir ander boere in die omgewing neute te droog, veral kleiner boere vir wie dit nie sin maak om ’n eie drogingsaanleg te bou nie. In sy werkswinkel word werktuie en toerusting van boere herstel.
Hier neem hy saam met sy vrou, Anneri, sy toekenning in ontvangs van me. Hanlie Kroese van Santam Agri, die hoofborg vir die provinsiale jongboer kompetisie. Lindeque is nou ook ’n mededinger in Toyota en Agri SA se nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie.