AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

‘Maklike’ leierskap in landbou gekap

Leierskap in die landbou gaan oor méér as net om mense bang te praat, sê mnr. Dan Kriek van Vrystaat Landbou.

Vrystaat Landbou het tydens ’n vergadering van sy uitvoerende bestuur opgemerk dat ’n seisoen van ‘maklike’ leierskap in Suid-Afrika, asook in die georganiseerde landbou, tans posvat.

Mnr. Dan Kriek, voorsitter van Vrystaat Landbou, sê in ’n nuusverklaring “dié leierskap gebruik eenvoudige elemente om mense bang te praat, en om nie ten volle die waarheid te deel nie, terwyl hulle geen werkbare oplossings bring nie. Hierdie vorme van “maklike” leierskap wil te kenne gee dat Vrystaat Landbou nie ten volle bewus is van wat wetgewing wat in terme van die landbou ontwikkel is – en moontlik ’n impak kan hê op eiendomsreg – inhou nie, of iets konstruktief doen of strategieë het om dit teen te werk nie.”

Kriek sê Vrystaat Landbou is sedert 2003 besig om ’n volledige plan vir grondhervorming te ontwikkel, wat al op verskeie geleenthede aan die provinsiale en nasionale regering voorgelê is. Dit is ook deur mnr. Louw Steytler, voormalige voorsitter van Vrystaat Landbou, aan oud-pres. Thabo Mbeki  voorgelê.

“Ondersteunend hiertoe het ons in samewerking met die provinsiale departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling ’n grondoudit saamgestel, wat verlede jaar tydens die kongres ter tafel gelê is. Met dié stap het ons onsself as eerlike en ernstige rolspelers oor grondhervorming gevestig. Ons bona fides kan nie betwyfel word nie,” sê Kriek.

Die organisasie se plan is gebaseer op ekonomiese en grondwetlike werklikhede. Vrystaat Landbou wil dit duidelik stel dat hy geen alternatiewe plan (vrywillig of nie) sal steun indien dit nie op ekonomiese en grondwetlike bene kan staan nie. “Ons sal ons rol ten volle vervul in die proses van skakeling met die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, en werkbare oplossings daarstel op provinsiale en nasionale vlak.

“Verder sal ons voortgaan om ons landbou-ondernemings en bedryfsorganisasies te ondersteun met hul planne wat reeds suksesvol is. Vrystaat Landbou wil hê dit moet duidelik wees dat ons enige wetgewing wat nie die toets van grondwetlikheid slaag nie, tot in die Grondwethof sal uitdaag.”

Kriek het al die lede van Vrystaat Landbou na die organisasie se kongres op 6 en 7 Augustus 2014 in Bloemfontein genooi. Die tema van die Kongres is Leierskap deur Landbou.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot