‘n Plaas van 139 ha wat sowat R4 miljoen gekos het, is die nuutste toevoeging tot mnr. Julius Malema se eiendomsportefeulje.
Luidens ‘n berig in City Press het Gwama Eiendomme, ‘n maatskappy wat gedeeltelik deur Malema se Ratanang Familietrust besit word, die plaas Schuilkraal naby Polokwane in Augustus gekoop.
Die ondersoekende joernaliste, Adriaan Basson and Carien du Plessis, skryf dat dié plaas vir kontant gekoop is omdat geen verband daaroor geregistreer is nie.
Schuilkraal is Malema’s se tweede plaas. City Press het in Julie berig dat die Ratanang Familietrust ‘n kleinhoewe op die plaas Palmietfontein vir R900 000 kontant gekoop het.
Lees die volledige storie.
28 Desember 2011