AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Mandla Mandela se vrae oor landbou

Mandla Mandela is onder die indruk dat die Departement van Landbou ’n sterk neiging het om eerder wit boere te finansier.

Hoe gaan voorheen benadeelde mense toegang kry tot markte en meer voordele uit hul grond en vee kry?

Dít was 'n paar van die vele vrae van mnr. Mandla Mandela, ANC-parlementslid en kleinseun van wyle mnr. Nelson Mandela, aan die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, mnr. Senzeni Zokwana, by 'n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee.

Mandela het ook gevra of Suid-Afrika aan die Maputo-verklaring, waarvolgens Afrika-lande hulle daartoe verbind het om 10% van hul begrotings aan die landbou toe te deel, voldoen. Dr. Edith Vries, direkteur-generaal van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye, het gesê Suid-Afrika hoef dalk nie die volle 10% toe te deel nie omdat dit so 'n sterk kommersiële boerderysektor het.

Mandela sê hy het opgemerk dat die minister in sy toespraak beklemtoon het hoe belangrik handel en uitvoer vir die landbou-ekonomie is, maar gewonder hoeveel swart boere uitvoerders is. "Het hulle hulp gekry om die produkte wat hulle uitvoer, ook na Brics-lande te stuur? Ons moet die ware prestasie van die departement kan meet.

"Ons moet weet of die departement deure oopmaak vir voorheen benadeelde boere en hoe hulle bevoordeel word. In die Oos-Kaap word boere gehelp, maar teen oestyd is daar nie toegang tot regte markte nie. Ons planne en strategieë moet aandui hoe hulle marktoegang gaan kry."

Vries het gesê dat daar inderdaad groot inisiatiewe aan die gang is om nuwe boere se produkte op te neem. Die voedselmaatskappy Tiger Brands koop 40% van die bone en die meeste van die tamaties in Koo se bone in tamatiesous van kleinboere. Daarbenewens is gestipuleer dat kleinboere 40% moet bydra tot die mielies wat Suid-Afrika tot die Wêreldvoedselprogram gaan bydra. Volgens Vries is die eerste besending mielies van die kleinboere in Desember vir 'n aanvoorprogram getoets en is gevind dat die gehalte goed genoeg is om verder verwerk te word.

Mandela het sy onkunde verder ten toon gestel toe hy gesê het dat die Departement van Landbou 'n "sterk neiging" het om aan te hou om die minderheidsektor van wit boere te finansier en by te staan. "Wat doen ons om 'n verskuiwing na kleinboere en boere in die kommunale gebiede te verseker?" het hy gevra.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot