AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Mangaung werp vrugte vir landbou af

Die ANC se afgelope verkiesingskonferensie in Mangaung het heelwat goeie nuus vir die landbou opgelewer.

Benewens reguit uitsprake dat die nasionaliseringsdebat nou eens en vir altyd van die tafel is, het die Agri SA-span ook op arbeidsterrein steun gekry.

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê dit het gelyk of daar waardering in amptelike kringe vir hul benadering tot die arbeidskrisis in die landbou is. Möller en sy adjunk, dr. Theo de Jager, het vir die duur van die konferensie die Agri SA-stalletjie daar beman.

Agri SA se benadering tot die arbeidsprobleme, wat aan die Mangaung-gangers oorgedra is, berus op vier bene. Sy korttermynstrategie is om aktief aan die proses vir die hersiening van die minimum loon deel te neem. Intussen beveel hy sy lede aan om elkeen individueel met sy werkers te onderhandel en met belonings, soos oes-, teenwoordigheids- en jaarbonusse, in die spitstyd ’n hoër loon in werkers se sak te sit.

Vir die langer termyn, sodra ’n nuwe minimum loon vasgestel is, betoog Agri SA vir ’n minder konvensionele benadering tot arbeidsvergoeding op plase. Dit behels onder meer dat die vergoeding van ’n huishouding pleks van individuele werkers die oorwegende maatstaf moet wees en dat ’n minimum inkomste van rondom R3 000 per huishouding per maand in die vooruitsig gestel moet word.

Opleiding vir werkers
’n Derde aspek is opleiding van mense wat op plase woon sodat hulle ook buite die boerdery, soos in landboutoerisme, ’n bykomende inkomste kan verdien. Die vierde been van die benadering is die vestiging van ’n tweeledige landbou-ekonomie waarin kommersiële en kleinboere in simbiose met mekaar funksioneer, pleks van die ou konsep van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) waarin vaardighede nie oorgedra word en nuwe sake-ondernemings nie noodwendig gevestig word nie.

Möller sê uit hul gesprekke met afgevaardigdes en ampsdraers op die konferensie was dit duidelik dat veral dié standpunt groeiende steun geniet. “Hulle sê sommer reguit SEB is uitgedien; dat dit te maklik in ’n vorm van plundering ontaard.”

Möller en De Jager is op die konferensie ook aan talle ambassadeurs van ander lande voorgestel wat graag sal wil sien dat Suid-Afrika se boere hul kundigheid en geld in daardie lande belê, onder meer Ethiopië. Hulle sê hieruit blyk dit duidelik dat die ANC nou besef hoe belangrik samewerking tussen Suid-Afrika se boere en die landbou in die res van Afrika is.

“Daar is massiewe geleenthede. Hoe gaan ons ekonomiese integrasie op die vasteland bewerkstellig as ons nie in die eerste plek ons landbou kan integreer nie?” wil D eJager weet.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.97
+0.2%
Rand - Pond
20.08
+0.1%
Rand - Euro
17.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,710.69
-0.1%
Silwer
20.73
+0.4%
Palladium
2,261.50
-0.0%
Platinum
925.00
-0.0%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot