HERLEWING IN AKSIE. Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie op Reitz in die Vrystaat is deur meer as 320 mense bygewoon. Hier stap ’n aantal kongresgangers in die veld op mnr. Danie Slabbert se plaas op pad na een van die veldpunte waar hulle meer geleer het oor die voordele van ultrahoëdrukbeweiding (UHDB) wat Slabbert die afgelope vier jaar beoefen. Navorsing dui daarop dat die vertrapping deur beeste se kloue saam met ligte beweiding van die plante in die UHDB-stelsel ongewenste indringerplante verminder. Hierdie spesifieke veld was deel van ’n kontrolestelsel waar indringerplante nie onlangs bewei is nie. Lees meer oor die Reitz-herlewingslandboukonferensie op bl. 20. Foto: Vida Booysen
Die vraag oor hoe ons binnekort 9 miljard mense gaan voed in ’n klimaat wat al hoe meer vyandig word, maak almal bang. Maar volgens die AFBF moet veral gesaghebende instellings wat ’n skewe beeld van die landbou skilder, hard in die bek geruk word.
Boere moet begin om hul boodskap sterker oor te dra. Sowat 90% van die Amerikaanse bevolking vertrou boere, maar min van hulle verstaan hoe kos geproduseer word.
Boere self is in die beste posisie om wanvoorstellings teen te werk met eerlike, opbouende stories reg van die plaas af. Lande wat nie hulself kan voed nie, verkrummel uiteindelik, terwyl moderne boerderymetodes volhoubaarheid en stabiliteit aanhelp.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.