Christo van der Rheede het pas aangekondig dat hy oor ’n jaar, op 60, gaan uittree. Die proses het begin om ’n opvolger te soek. In 2015 is Van der Merwe vervang deur Omri van Zyl.
Terselfdertyd is Van der Rheede, wat toe uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut was, as ’n tweede adjunk aangestel saam met Johan Pienaar, wat toe reeds ’n adjunk-uitvoerende direkteur was.
Thabi Nkosi is as ekonoom aangestel. Johannes Möller, toe voorsitter, het destyds gesê Van der Rheede sou veral verantwoordelik wees vir die ontwikkelings- en maatskaplike aspekte wat betrekking het op hervorming in die landbou. Hy het darem nie heeltemal oningelig by die landbou betrokke geraak nie.