Manie sien Agri SA het ’n dringende gesprek aangevra met Fikile Mbalula, minister van vervoer, en sy direkteur-generaal, Alec Moemi, om die toestand van landelike paaie en die invloed daarvan op voedselsekerheid te bespreek.
Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê hulle wil hê die gesprek moet klem lê op wat dringend gedoen kan word om paaie te onderhou, beperkinge wat vervoerwetgewing plaas op openbare en private vennootskappe wat kan help met die herstel en onderhoud van paaie, die koste wat swak paaie vir landbouproduksie inhou, en hoe dit die vervoer van produkte en uiteindelik voedselsekerheid bedreig.
Thoko Didza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het laat weet sy ondersteun die versoek en sal ook ’n brief skryf vir Mbalula en sy departement.