AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8984
34,00
CORN
07 Okt
-
4785
-33,00
SOYA
07 Okt
-
9580
50,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4947
-1,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Mark vir huurgrond kan sterk groei

’n Geweldige mark vir huurgrond kan in die toekoms in Suid-Afrika ontwikkel.

Die huur van landbougrond kan weens verskeie faktore al hoe meer voorkom en ’n baie meer algemene gebruik word.

Die belangrikste faktore wat tot dié groeiende mark bydra, is stygende plaaspryse, kapitaalwinsbelasting, ’n skaarsste aan goeie grond in die mark, en grondhervorming.

Plaaspryse het die afgelope tien jaar verdriedubbel en landbougrond byna onbekostigbaar  gemaak. Vir jong boere kan dit om dié rede byna onmoontlik wees om die landbou te betree. ’n Verdere probleem is dat finansiële instellings nie plaasgrond teen markwaarde finansier nie.

Dus is die huur van grond dikwels vir jong boere, maar ook vir die meeste ander boere, meestal die enigste manier om die landboubedryf te betree of ’n plaasonderneming uit te brei.

Vir ouer boere wat reeds grond besit, is die dilemma dat hulle weens die skerp styging in plaaspryse ’n aansienlike bedrag aan kapitaalwinsbelasting moet betaal, sou hulle verkoop. Sulke boere kan dus besluit om eerder hul grond te verhuur om só ’n gereelde inkomste te verdien wat tred hou met inflasie.

Landbougrond word as ’n goeie belegging beskou. Volgens kenners kan dit ’n belegging op opbrengs van 8% bo inflasie bied. Omdat dit dus as ’n aantreklike bate beskou word, kan dit die skaarsheid daarvan verhoog.

In sekere dele van Amerika word slegs 1% tot 2% van landbougrond per jaar verkoop en dan meestal aan familielede.

’n Lae aanbod van koopbare grond kan tot ’n hoër vraag na huurgrond bydra. Suid-Afrika se onstabiele politieke omstandighede, veral rakende grondhervorming, kan boere ook meer na huurgrond laat kyk.

As boere onseker voel oor die eienaarskap van grond, kan hulle verkies om eerder grond te huur. Op dié manier kan hulle hulself verskans teen die risiko dat hulle hul grond kan verloor.

Ander faktore wat boere kan noop om grond te huur, hou verband met weersomstandighede en sluit veldbrande en droogtes in.

In baie lande is die huur van landbougrond ’n algemene konsep. In Amerika en Argentinië word bykans 40% van alle landbougrond verhuur.

As ’n mens al die bogenoemde faktore in ag neem, kan die huur van landbougrond in Suid-Afrika toeneem en ook hier ’n algemene verskynsel word.

* Geskryf deur Francois Human, departement landbou-ekonomie, Vrystaatse Universiteit. humanwf@ufs.ac.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-0.0%
Rand - Pond
20.06
+0.2%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,709.85
-0.2%
Silwer
20.66
+0.0%
Palladium
2,253.00
-0.4%
Platinum
925.00
-0.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot