AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Marktoegang: Geleentheid in res van Afrika dalk verspeel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Myburg du Plessis
Foto: Myburg du Plessis
Die hoop dat die Afrika-vryhandelsone eersdaags nuwe marktoegang en ekonomiese groei in die res van Afrika kan ontgin, is waarskynlik valse hoop.

In 2018 is die Afrika-vryhandelsone (AfCFTA) gestig met die doel om handel reg oor die vasteland aan te moedig en só broodnodige ekonomiese groei reg oor die vasteland aan te wakker.

Volgens mnr. Donald MacKay, ’n internasionale handelsraadgewer en direkteur van XA International, is dit ’n edele doelwit en dit kon weliswaar vir Afrika voordelig gewees het. Die meeste Afrika-lande ervaar ’n mate van ekonomiese groei en die potensiaal vir vinnige groei is groot. Die AfCFTA is die ideale voertuig om hierdie potensiaal te ontgin en verder aan te wakker.

Daar is egter talle struikelblokke wat AfCFTA gyselaar hou, onder meer ondeurdagte optrede op eie bodem, meen MacKay. Op 1 Januarie 2021 het Suid-Afrika sy invoertariefposisie ingevolge die AfCFTA met al die lande in die res van Afrika gepubliseer en hierdie posisies vir Egipte en São Tomé toegepas.

“Mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het nou al sy bedingingsmag in die vryhandelsone prysgegee, want die onderhandelinge oor die ooreenkoms is nog nie afgehandel nie. Egipte kan nou na Suid-Afrika uitvoer teen die verlaagde tarief, maar daar is geen rede hoekom hy sy eie tariewe vir Suid-Afrikaanse produkte wat daarheen uitgevoer word, sal wil verlaag nie. Geen ander land het nou meer ’n rede om met Suid-Afrika oor hierdie ooreenkoms te onderhandel nie.

“Die hoop om nuwe marktoegang te kry het waarskynlik eensklaps in die niet verdwyn. Die enigste redding is vir die regering is om die publikasie van 1 Januarie terug te trek en die onderhandelinge van voor af te begin. Gelukkig beteken dit nie dat die markte waar Suid-Afrikaanse uitvoerders reeds mededingend is ondanks die huidige tariewe sal verdwyn nie.”

Onenigheid in departement

Mnr. Matt Cuthbert, die DA se skadu-adjunkminister van handel, nywerheid en kompetisie, glo nie dat die AfCFTA vinnig in werking sal kom nie. “Ongeag die talle struikelblokke binne die ooreenkoms wat nog opgelos moet word, duur dit etlike jare om ’n handelsooreenkoms ten volle in te stel.

“Die onverklaarbare optrede van die departement op 1 Januarie is ongelukkig nog ’n bewys van die gemors en erge onenigheid in die handelsdirektoraat van die departement. Vroeër vanjaar het die hoofonderhandelaar van die departement sterk teenkanting teen die beleide van Patel te kenne gegee. Dit is ’n ongewenste situasie, juis omdat internasionale handelskwessies gevoelige sake is.”

Omkopery is ’n probleem

Die lomp toetrede van Suid-Afrika tot die AfCFTA is nie die enigste struikelblok in die ooreenkoms nie. Die Afrika-unie (AU) het in ’n verklaring op 2 September vanjaar erken dat die sukses van die ooreenkoms blootgestel is aan talle probleme.

Hindernisse wat nie aan tariewe gekoppel is nie, is onder meer onvoldoende infrastruktuur, bedrog en omkopery van beamptes. Ontoereikende moniteringsvermoë veroorsaak probleme wat nog getakel moet word. In hierdie verklaring word dit ook duidelik gemaak dat die begroting en finansiering van die AfCFTA nog deur die sekretariaat in Ghana opgestel en toegepas moet word.

Finansiering gesoek

Volgens MacKay is finansiering  ’n groot struikelblok. Suid-Afrika verdien slegs 5-6% van die staatskas se inkomste uit invoerbelasting. In baie ander Afrika-lande is hierdie syfer baie hoër. Indien byvoorbeeld Eswatini of Lesotho se invoerbelasting afgeskaf word, is daardie lande bankrot.

Dr. Rukia Baruti, sekretaris-generaal van die Afrika-arbitrasievereniging en ’n spesialis in internasionale beleggingswetgewing, meen dit is steeds onduidelik tot watter mate ander streeks- en gemeenskapshandelsooreenkomste in Afrika saam met die AfCFTA sal funksioneer. “Die AfCFTA skep die geleentheid om die warboel van handelsooreenkomste en ontwikkelingsgemeenskappe op te ruim. Of dit wel die geval sal wees, is onduidelik,” het sy op ’n webinaar van Volterra Fietta in Augustus vanjaar gesê. Die AU mik om die onderhandelinge van die AfCFTA teen Julie 2022 afgehandel te hê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,621.66
-1.3%
Silwer
18.34
-2.8%
Palladium
2,047.50
-1.2%
Platinum
852.00
-0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot