Só het Mathews toevallig gehoor toe hy einde Maart navraag gedoen het oor die vordering met die verhoor nadat daar geen kommunikasie van die staatsaanklaer se kant af was nie.
Mnr. Henry Mamothame, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, het egter aan Landbouweekblad gesê daar was goeie kommunikasie met die staatsgetuies (Mathews en sy familie), asook dat die saak al einde verlede jaar afgehandel is.
Mathews ontken dit ten sterkste. “Die week (einde Maart) was die eerste keer dat ek daarvan gehoor het,” sê ’n geskokte Mathews. Drie mans is vrygespreek en twee is tot twee jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is vir die besit van gesteelde goedere, want dit is al aanklag teen hulle wat bewys kon word.