
PROMOSIE
Al hoe meer mense gebruik hommeltuie om hulle met verskeie take te help. En dit is lankal nie meer 'n nuwe verwikkeling in die landbou-sektor nie. Danksy gesonde investering en meer gestruktureerde regulasies, is dit makliker vir boere om 'n tuig aan te koop en deel van hul boerdery te maak.
Dit is nie moeilik om te sien waarom boere hierdie hommeltuie deel maak van hul boerdery nie. Die koste-besparing alleen is genoeg van 'n aansporing. 'n Karoo- of Vrystaat-boer, wat groot afstande op sy plaaspaaie moet aflê, sal 'n hommeltuig kan gebruik om sy heklyne in stand te hou, terwyl 'n boer in Mpumalanga 'n tuig kan gebruik om 'n oog te hou oor gronderosie en om seker te maak dat sy spilpunte in 'n werkende toestand is.
Vereistes
Die kompleksiteit van 'n tuig en sy doel tot die landbousektor hang van die boer se vereistes af. 'n Hommeltuig kan 'n boer help om sy saad, kunsmis en water te optimaliseer, vinniger te reageer op peste, en boonop spaar dit die boer hope tyd.
Die kombinasie van slim-landboutegnologie en landbou-hommeltuie, met die hulp van infrarooi kameras, kan die nat en droë gedeeltes van landbougrond met hoë-resolusie-foto’s identifiseer; dit vereenvoudig gewassebestuur en help die boer om 'n oog op sy plaas se infrastruktuur te hou.
Daar is verskeie hommeltuig-vervaardigers in Suid-Afrika, maar die bekendste is seker DJI met hul revolusionêre Phantom-hommeltuig-reeks wat 'n internasionale maatstaf vir goeie kwaliteit en verbruikersvriendelike hommeltuie geword het.
Opsies
DJI dra 'n definitiewe voordeel in die mark as gevolg van hul hommeltuie se stabiliteit, stewige bougehalte en goeie videobeelde.
Vir die boer op die pad, wat 'n klein, maar stewige hommeltuig soek, is die Mavic Pro Fly More Combo ideaal. Die Mavic Pro is DJI se mees gesofistikeerde kameratuig: dit vlieg 7km, het glashelder kamera- en videobeelde en is van stewige bougehalte (nes die Phantom 4 wat reeds 'n gunsteling vir baie boere is).
Die Mavic Pro kan opvou, maklik gestoor word en het 'n beter, meer eenvoudige slimfoontoepassing (app) wat nuwe vlieëniere vinniger in die lug sal kry. Die winskopie van DJI sluit 'n karherlaaier, battery-bank, 'n sak vir die hommeltuig, asook twee ekstra slim-batterye in. Die Mavic Pro Fly More Combo is by weFix vir slegs R21 899, vanaf 20 Junie tot 10 Julie, beskikbaar
Nog 'n spesiale aanbod van weFix, is die Mavic Pro Bundle vir slegs R27 699. Die aanbod sluit 'n Osmo Mobile, basis en 'n battery in. Hierdie aanbieding is ook vanaf 20 Junie tot 10 Julie beskikbaar.
Vir meer inligting, besoek weFix.