AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Mazda BT-50 kry poeierkwas!

Hoe meer die Mazda BT-50 probeer om van sy Ford Ranger-oorsprong ontslae te raak, hóé méér bly kleef dit …

Ford en Mazda het nogal 'n lywige hoofstuk oor hulle gesamentlike geskiedenis kon skrywe. Ek meen, in 'n stadium was dit regtigwaar slegs omtrent die handelsmerke en die bekleedselmateriaal wat die twee vervaardigers se produkte van mekaar onderskei het.

Met die koms van die BT-50 eentonners na Suid-Afrika in 2012 het almal duim vasgehou dat 'n volwaardige Mazda-produk aangebied sou word. Ek onthou goed dat die Mazda-span nog tydens die bekendstelling gesê het daar is geen uitruilbare bakwerk-onderdele tussen die nuwe BT-50 en die jongste Rangers nie.

En dit was ook inderdaad só: Die Mazda was meer gerig op die lewenstylmark terwyl Ford sy Ranger-reeks weer meer as werks- én ontspanningsvoertuie aangebied het ... die onderstel, veerstelsels, enjins en ratkaste was egter presies dieselfde.

Tyd vir 'n opkikker!

Nou het dit weer tyd geword dat Mazda sy eentonners opkikker. Behalwe vir die paar kosmetiese aanpassings, spog die reeks nou ook met twee bykomende modelle, naamlik die 2.2l DBL 4X2 SLX met ‘n sesgang-handratkas terwyl die nuwe 2.2l DBL 4X2 SLE ook die keuse van 'n sesgang outomatiese ratkas bied … a la Ford Ranger!

Aan die buitekant is subtiele veranderinge aangebring om die BT-50 se leefstylkarakter te versterk. Daar is 'n opgeknapte vooraansig met nuwe hooflighulse, 'n nuwe ontwerp vir die kanttrappe en 17 duim allooiwielvellings.

Die binneruim spog met 'n sagter aanslag met Bluetooth, satellietskakelaars op die stuurwiel en speodbeheer op die SLX-modelle. Die SLE-weergawes het 'n trusig-kamera, 'n truspieël met 'n outomatiese verdoffunksie en elektries-beheerde sitplekverstellings vir die bestuurdersitplek.

Dubbelkajuite

Die BT-50-reeks bestaan nou uit die volgende dubbelkajuite: 2.2l 4x2 (handrat)  SLE,  3.2L 4x4 (handrat) SLE en 3.2l 4x4 (outo) SLE sowel as die twee nuwe 2.2l modelle.

Die 2.2l-modelle lewer 110 kW teen 3 700 r/min en 375 Nm se wringkrag vanaf 1 500 tot 2 500 r/min.. Die 3.2 l-weergawes ontwikkel 147kW drywing teen 3 000r/min en die 470 Nm wringkrag is vanaf 1 750 tot 2 500 r/min beskikbaar.

Die pryse strek van R441 600 vir die 2.2l SLX (handrat) 4X2 tot by die 3.2l SLE (outo) 4X4 se R555,700 (BTW ingesluit).

Die nuwe reeks, wat terloops in Thailand vervaardig word, bied nou ‘n waarborg en diensplan vir drie jaar ongeag die afstand afgelê asook 'n padbystandsdiens vir drie jaar.

mazdabt50.jpg-600

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.3%
Rand - Pond
21.04
+0.3%
Rand - Euro
18.78
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,013.83
+0.3%
Palladium
1,657.23
-0.7%
Goud
1,955.48
+0.3%
Silwer
24.31
+1.4%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,611
-0.2%
Alle aandele
79,740
-0.1%
Hulpbronne 10
75,028
-0.1%
Industriële 25
102,534
+0.0%
Finansiële 15
16,467
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na n maat
Hoe beskryf n mens jouself hier. Ek hou van lag en om elke dag net te geniet. Ek hou van braai en kosmaak. Hou van om langs die see te gaan loop. Is mal oor kinders en diere. Ek...
Tiek jy dalk my boksies?
Ek is 'n onafhanklike, selfversorgende weduwee, gebless met 'n skerp sin vir humor en 'n kreatiewe streep. Ek is lief vir mense, hou van kuier, die natuur en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot