AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Mbeki veroordeel haatspraak, is 'trots' op boere

Boere is net so Suid-Afrikaans as wat hy is en geregtig op dieselfde regte en voorregte wat elke ander Suid-Afrikaner geniet.

Met dié woorde het President Thabo Mbeki verlede week in die parlement die gemoedere gekalmeer ná die herrie wat losgebars het oor die gebruik van die slagspreuk "Kill the Boer, Kill the Farmer" by die begrafnis van mnr. Peter Mokaba en 'n jeugbyeenkoms in Kimberley. In dieselfde tyd was daar 'n hernude vlaag plaasaanvalle.

"Niemand het die reg om 'n oproep te doen dat boere vermoor word nie, of die reg om met geweld te dreig om hul doelwitte te bevorder nie," het hy gesê. Hy is trots dat die meeste boere help om 'n beter lewe vir almal te bewerkstellig en hulle "trotse Afrikane" is, eerder as om hulself in afsondering te plaas.

Sy veroordeling van die slagspreuk volg ná kwaai druk oor die Regering se aanvanklike stilswye en is wyd deur politieke partye en die landbousektor verwelkom.

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront, het gesê met mnr. Mbeki se onvoorwaardelike veroordeling gee hy duidelike leiding aan sy ondersteuners en alle Suid-Afrikaners.

Hy sê sy party gaan egter voort met 'n klagte by die Menseregtekommissie (MRK) met die hoop dat die MRK tot dieselfde gevolgtrekking kom. As die slagspreuk nie as haatspraak veroordeel word nie, sal die VF probeer om 'n uitspraak daaroor by die howe te kry.

Agri SA, wat vroeër gesê het die Regering se stilswye kan samewerking ondermyn, het gesê mnr. Mbeki se "duidelike leierskap wat hy nou openbaar het, verleen 'n sterk nuwe dimensie aan die debat oor plaasveiligheid en die regte, waarde en waardigheid van boere".

Mnr. Japie Grobler, voorsitter van Agri SA, sê die groot toets bly steeds of die nodige gesag en dissiplinêre stappe sal volg om die samelewing te bevry van kankers soos die slagspreuk en die wetteloosheid waarmee saamgeleef moet word.

Mnr. Gert Ehlers, voorsitter van die TLU, sê hy verwelkom die uitspraak maar dit is jammer dat die President eers onder druk ná vyf dae op só 'n ernstige saak gereageer het. "Uiteraard sal dit nou lank neem en aan owerheidskant sal hard gewerk moet word om vertroue te herstel." Hy sê mnr. Mbeki moet die landbousektor oortuig dat die slagspreuk saam met mnr. Mokaba begrawe is.

Van die plaasaanvalle die afgelope tyd sluit in die moord op mnr. Robin Dent en sy vrou Joan van Wartburg, 'n aanval op mnr. John Black, ondervoorsitter van Kwanalu, en sy vrou op hul plaas by Boston en 'n aanval by Alvestone, buite Durban, op mnr. Jimmy Curran en sy vrou.

Mnr. Mosiuoa Lekota, Minister van Verdediging en voorsitter van die ANC, het homself én sy party vroeër van die gewraakte slagspreuk gedistansieer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
-1.2%
Rand - Pond
20.11
+0.6%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.53
-0.6%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,709.77
-1.0%
Silwer
20.39
-3.2%
Palladium
2,259.50
-2.7%
Platinum
917.00
-1.8%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot