AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Meer as 19 000 plase in SA op mark

Die aantal plase wat te koop in Suid-Afrika is, het binne ‘n jaar met sowat 45% opgeskiet tot 19 280.

Minstens 19 280 plase in Suid-Afrika was op 27 Mei vanjaar in Suid-Afrika op die mark, teenoor die 13 254 plase op 2 Februarie verlede jaar.

Dié statistiek is verkry van die Plase-platform vir plaasverkope op Landbou.com wat deur Property24 saamgestel word.

Landbou.com het verlede jaar 'n opname op dié platform gedoen om vas te stel hoeveel plase op die mark was. Op 2 Februarie 2015 was altesaam 13 254 eenhede te koop aangebied. (Dit is nie die volle aanbod van álle plase nie: Dié platform word deur agente gebruik wat daarop wil adverteer.)

Dié aanbod het van Februarie 2015 tot 27 Mei 2016 opgeskiet tot 'n aanbod van 19280. Die aanbod per provinsie is nou:

Gauteng: 5511 plase

Mpumalanga: 1570

Limpopo: 2225

Noordwes: 2817

Vrystaat: 1358

KwaZulu-Natal: 956

Wes-Kaap: 3641

Oos-Kaap: 836

Noord-Kaap: 366

Totaal 19 280.

Mnr. Philip Theunissen, landbou-ekonoom van Computus Finansiële Rekenmeesters op Bethlehem, sê dié styging in die aanbod van plase wat te koop is, is te verstane. “So drie, vier jaar gelede het jy in ons omgewing skaars gehoor van plase wat in die mark kom. Jy het net gehoor die plaas is klaar verkoop, só vinnig is plase opgeraap. Nou hoor jy ten minste hierdie boer en daardie boer wil verkoop.

Seisoen sluit op 31 Augustus

“Meeste boere in die somersaaigebied se seisoen sluit af op 31 Augustus. Produksielenings moet dan afbetaal word en die nuwe huurpaaiemente is ook vooruit op 1 September betaalbaar. Baie huurkoop- en grondpaaiemente word ook vir 1 September geskeduleer.

“As daar nie geld is vir al dié verpligtinge op 1 September nie, gaan daar nóg plase daarna in die mark kom. Twee jaar terug het boere vuis geslaan om grond in Bothaville, Wesselsbron en Viljoenskroon te huur. Verhuurders kry nou nie eers ‘n aanbod daar nie.”

Theunissen sê wat hier gebeur, is ekonomiese regstellende aksie. “Grondpryse was die afgelope aantal jare onrealisties hoog. Iets moet meegee, want ons was ver verby die terugbetaalvermoë van grond gewees. Ons was in ‘n ‘borrel’ gewees waar geredeneer is dit gaan volgende jaar net nóg duurder wees om grond te koop en gevolglik het boere nie regtig na terugbetaalvermoë as maatstaf gekyk nie. Grond moet dus nou eers weer terugkom sy fundamentele waarde toe.”

Plase verkoop vir R27 miljard

Mnr. Johann Bornman, voorsitter van Agri Development Solutions, het 'n ontleding gedoen van plase wat die afgelope jaar verkoop is, met inligting wat van die Aktekantoor verkry is. Volgens Bornman is altesaam 3 405 546 ha teen R 27,6 miljard in die 12 maande tot 31 Maart 2016 verhandel. Dit behels vir 4 394 transkasies (van grondtransaksies groter as 20 ha).

Bornman sê die kumulatiewe uitwerking van die droogte werk nou deur na grondvlak toe, in terme van oorlaatskuld en die verkryging van produksiekrediet vir die nuwe seisoen. Hy voorspel 'n duidelike struktuurverskuiwing in die landbou, aangevuur deur die droogte. “Groter boere en  groepsvorming gaan meer prominente rolle speel in die aanbod en produksie van voedsel.”

* Vroeër in Mei 2016 is die onteieiningswetsontwerp in die Parlement goedgekeur en pres. Jacob Zuma moet dit nou net goedkeur. Die kantoor van die ANC-hoofsweep in die Parlement het gesê dat die goedkeuring van die wetsontwerp geskiedkundig is, siende dat dit die einde beteken vir die gewillige koper/-verkoper beginsel wat grondhervorming “laat sloer”.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
19.46
-0.4%
Rand - Euro
17.42
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,640.03
-0.2%
Silwer
18.68
-1.0%
Palladium
2,047.16
-1.3%
Platinum
855.00
-0.4%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
56,506
-1.1%
Alle aandele
62,774
-1.0%
Hulpbronne 10
55,008
-2.3%
Industriële 25
78,550
+0.2%
Finansiële 15
13,887
-1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot