AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Uitbreking van sprinkane kos reeds miljoene

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Sedert verlede jaar is meer as R74 miljoen aan die bestryding van sprinkaanswerms in die Vrystaat, Noord-, Oos- en Wes-Kaap bestee.

Meer  as R74 miljoen is sedert verlede jaar deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aan die bestryding van sprinkaanswerms in die Vrystaat, Noord-, Oos- en Wes-Kaap bestee.

Só het me. Thoko Didiza, minister van die departement, geantwoord na aanleiding van ’n parlementêre vraag deur mnr. Noko Masipa, DA-LP, oor die besonderhede rondom die aanstel en betaling van spuitoperateurs wat ingespan is om die uitbreking te bestuur.

Volgens Didiza het die departement met die samewerking van die georganiseerde landbou en 1 076 aangestelde kontrakteurs gewerk om die uitbreking volgens distrik te bestuur. Alle kontrakteurs het opleiding, asook insekdoders, spuitpompe en beskermende klere ontvang. Hulle is betaal volgens die hoeveelheid dae wat hulle gewerk het en die afstand wat hulle gereis het. ’n Helikopter-diensverskaffer is aangestel om die spanne op die grond te ondersteun.

Amptenare van haar departement het die bekamping van die uitbrekings gemonitor en geëvalueer. Volgens Didiza is daar bevind dat die uitbreking van sprinkaanswerms in 45 distrikte in die Noord-Kaap vanaf Januarie verlede jaar tot Augustus vanjaar suksesvol bekamp is.

Didiza het gesê dit is nie moontlik om ’n kostebepaling vir slegs die Noord-Kaap te doen nie.Didiza het erken dat sommige diensverskaffers nie binne 30 dae betaal is nie as gevolg die sluiting van geboue weens covid-19-gevalle by die departement, asook weens verkeerde bankbesonderhede.

Me. Janine Byleveld, bedryfsamptenaar by Agri Noord-Kaap, sê die organisasie probeer om die departement van landbou met logistiek en kommunikasie te steun sodat onder meer die nodige opleiding so vinnig as moontlik kan plaasvind en gifstowwe na die regte plekke gestuur word.

“Ons wil sover as moontlik die departement se hand vat om hierdie uitbreking so vinnig as moontlik op te los. Dit help nie om teen mekaar te werk nie. As ons saamwerk, sal ons hierdie probleem kan aanpak. Dit is so dat ons nie altyd saamstem nie, maar ons werk altyd om ’n middeweg te vind.”

Sy sê dat dinge nie altyd so spoedig en maklik gebeur soos wat ’n mens sou hoop nie. “Geduld en tyd is nie regtig ’n opsie nie. Die grootste kwessie bly ’n tekort aan kapasiteit by die departement. Die mense wat daar is, moet opleiding gee, betaling reël, gif skuif, toerusting reël en skuif, asook aanmeldings hanteer. Ons beroep bly steeds dat die departement nog kapasiteit daarstel om die uitbreking doeltreffend te bekamp.”

Luidens ’n verklaring deur Agri Oos-Kaap het hy ook hande met die departement geneem nadat ’n vragmotor by die departement se kantoor op De Aar onklaar geraak het. Dit het daartoe gelei dat gif en toerusting in die provinsie effens toegankliker is.

Op 2 Desember het die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling en landbouhervorming ook hulp aangebied in die vorm van ’n vragmotor om gif en toerusting af te lewer aan gebiede waar sprinkaanswerms voorkom.Volgens Agri Oos-Kaap het dié departement veel meer as sy deel gedoen aangesien sy plig slegs is om met die aanmelding en bewusmaking van sprinkaanswerms te help.

Boere in die Oos-Kaap kan nou gif by die onderskeie sprinkaankantore in hul distrikte afhaal en hul eie plase bespuit. Hulle sal egter eers blitsopleiding oor die korrekte spuitmetodes ontvang.

Die nasionale departement van landbou verskaf die gif Sumi-Alpha. Volgens Agri Oos-Kaap word ander gifstowwe ook gebruik om sprinkaanswerms te bekamp, maar hy moedig boere aan om Sumi-Alpha te gebruik.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot