AFGRI
BEAN
22 Okt
-
6602
0,00
CORN
22 Okt
-
3085
0,00
SOYA
22 Okt
-
7266
0,00
SUNS
22 Okt
-
10911
0,00
WEAT
22 Okt
-
5681
0,00
WMAZ
22 Okt
-
3146
0,00
YMAZ
22 Okt
-
3284
0,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Meer besproeiingswater uit ’n voller Kougadam gevra

akkreditasie
Die voller Kougadam. Foto: Niekerk Ferreira
Die voller Kougadam. Foto: Niekerk Ferreira
Die Gamtoos-besproeiingsraad het ’n dringende versoek aan die Department van Waterwese gestuur om besproeiingsboere (wat met sitrus en groente boer) se waterkwota uit die Kougadam tot 50% te verhoog.

Dit volg ná die goeie reënval én sneeu wat die naweek in die Kougadam se opvangsgebiede, die Langkloof en Baviaanskloof, voorgekom het.

Die Kougadam is een van die belangrikste damme vir landbouproduksie in die Oos-Kaap. In normale reënvaljare gaan 72% van die dam se water na die landbou, terwyl 28% aan munisipaliteite in die streek toegeken word.

Voor die goeie reënval was die Kougadam 7,4% vol, terwyl besproeiingsboere se waterkwota vroeër vanjaar verminder is tot slegs 20% van wat dit in normale reënvaljare sou wees.

Dié somber prentjie het binne twee dae verander toe die hemel se sluise veral bo die Langkloof oopgemaak en op sommige plekke selfs 355 mm gemeet is.

Maandagoggend het die Kouga-dam se vlak tot 35.69% gestyg en was die invloei nog sterk – 57 kubieke meter per sekonde (m3/s) by Stuurman (naby Joubertina), sê mnr. Garth Sampson van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Port Elizabeth.

Minstens 200 boere in die Gamtoosvallei is volgens mnr. Pierre Joubert, uitvoerende direkteur van die Gamtoos-besproeiingsraad, vir hul boerdery van die Kougadam afhanklik.

“Die vermindering van hul waterkwota tot 20% van hul normale waterverbruik het noodwendig minder werkgeleenthede beteken en dit kon ernstig raak, want die meeste inwoners hier is van die boere afhanklik vir werk.

“Die department waterwese moet nou dringend oor ons versoek besin om die boere se waterkwota te verhoog, want daar is nog tyd om groenteplantjies te bestel en in die grond te kry,” sê Joubert.

‘Ons kan weer begin boer’

Mnr. Petrus du Preez, voorsitter van die Gamtoos-landbouvereniging, is verheug oor die stygende vlakke van die Kougadam.

“Ons kan weer begin boer, daar is weer werk. Die Gamtoosvallei se groenteboere kan weer hul kop optel. Van dié boere, wat kontrakte met die groot kettingwinkels het, moes grond gaan huur in die Sondagsriviervallei en in die Kruisrivier-gebied buite Uitenhage waar daar meer water is, sodat hulle kon aanhou plant en hul kontrakte behou.”

Mnr. Douglas Stern, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê daar was groot kommer oor die lae stand van die Kougadam en die besproeiingsboere in die Gamtoosvallei wat sonder water die warm somer sou moes binnegaan.

“Die reën het betyds gekom om ’n grootskaalse krisis af te weer. Die boere se kontantvloei was reeds uitgeput. Dieselfde geld ook die veeboere in veral die westelike dele van die Oos-Kaapse Karoo wat voer moes aankoop.”

Vier agtereenvolgende droogtejare het die weiding vernietig. Geskenkte voerbale, deur die bemiddeling van onder meer Gift of the Givers en mnr. Burre Burger, het die droogte se impak help versag.

Verlede week se reën het groot verligting vir dié gebiede gebring, maar Stern meen nóg goeie opvolgreën is nodig vir veldherstel. Hy sê intussen moet boere hul veld versigtig hanteer. Voerhulp is steeds nodig, “want die mense moet onthou dit reën nie kos nie.”

Die kans op goeie opvolgreën lyk egter skraal as die seisoenale weervoorspelling van die weerdiens in ag geneem word. “Die kans op nog reënval vir die westelike distrikte lyk nie te goed nie. Teen Desember verhoog die reënvalkans en in Januarie 2019 lyk dit beter,” sê Sampson.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.85
-1.2%
Rand - Pond
20.49
-0.4%
Rand - Euro
17.30
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,793.05
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Geniet die lewe,geniet die reis
Ontmoet my, en ons sal beste maatjies wees. Ek hou van sport, die natuur, plaaslewe en kan ook aanpas by die stadslewe. Hou van rugby, musiek, braai en die lewe net te geniet....
Wil begin lewe
Ek is plat op die aarde, lief vir buite lewe stap braai saam familie tyd saam is baie kosbaar getrou opreg liefdevol lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot