AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Meer magte vir die belastinggaarder

Jan Taks is op 'n spierboukursus en gaan vorentoe dié nuutgevonde krag gebruik om nog méér belasting te in. Boonop word beoog om die belastinggaarder meer diskresionêre magte te gee, wat beteken dat amptenare die toepassing van sekere wetgewing self gaan vertolk, en dat dispute nie op appél na 'n hof verwys hoef te word nie.

Belastingwetgewing is aan 't verander: Die las van die administrasie daarvan verskuif na die belastingbetaler en in die proses gaan die magte wat aan Jan Taks verleen word, uitbrei.

Die probleem is dat dit diskresionêre magte is vir die vertolking en toepassing van die wetgewing. In die praktyk vind belastingkenners en -adviseurs dit al hoe moeiliker om klinkklare aanwysings op navrae te kry.

Hierdie is natuurlik nie iets nuuts in die ANC-wetgewing wat deur die Parlement gevoer word nie. Daar is 'n oordrewe ywer om mag te sentraliseer, maar veral ook om diskresionêre magte aan staatsamptenare te gee. Voorbeelde in dié verband is die jongste rondvallery oor die immigrasiewet, asook oor mineraleregte.

Na onderhandelinge en bydraes deur die private sektor, word gevind dat allerlei veranderinge aan die voorstelle in die parlementêre proses gemaak word wat staatsamptenare se diskresionêre magte in die toepassing van die belastingwet uitbrei. Dit lei gewoonlik tot vertolkingsprobleme omdat die amptenaar die mag het om die wet toe te pas.

Wetgewing word afgewater

Die rol van duidelike wetgewing, wat maklik vertolk en toegepas kan word, raak drasties afgewater. Duidelike wetgewing huisves 'n appÉlprosedure sodat landsburgers wat dispute het, hulle na die regstelsel kan wend.

Die knelpunt in die praktyk is dat die las van administrasie na die belastingbetaler verskuif. Boonop het inspeksies deur personeel van die Ontvanger van Inkomste skynbaar drasties toegeneem. Die aard van dié inspeksies is nou omgekeerd. Vroeër is 'n navraag gedoen waarna die belastingbetaler, sy ouditeur of sy rekenmeester die bewyse moes voorsien. Die belastingbetaler kry nou bloot kennis dat hy op 'n sekere dag moet sorg dat al sy bewysdokumente gereed moet wees vir 'n ouditinspeksie op die betaler se perseel.

Dit beteken dat elke boer of belastingbetaler moet sorg dat sy belastingadministrasie, boerderyrekordhouding en bewysstukke deeglik gebêre moet word — vir ewig! As 'n mens dus met die verkoop van bates nie be-wys kan lewer van die waardasie of aankoopbedrag vir die toepassing van kapitaalwinsbelasting nie, word die basis as nul geag, wat dié belasting drasties vergroot!

Die fout wat baie boere maak, is om alleen met die Ontvanger te praat. Dit is 'n resep vir potensiële probleme, tensy 'n mens op die hoogte van sake is van die belastingwetgewing en die toepassing daarvan. Die aanbeveling is om te sorg dat 'n mens se belastingadviseur en/of boekhouer teenwoordig moet wees.

Onthou, die doel is gewoonlik om addisionele belasting uit 'n mens te kry en seker te maak dat inkomste, waarop die staat sy deel moet kry, nie weggesteek word nie. Die verskoning van onkunde oor die wet deug nie en gaan groot boetes tot gevolg hê, met renteboetes wat terugwerkend van aard is. Dit kan 'n nagmerrie word en die Ontvanger het skynbaar die mag om 'n hofbevel of selfs 'n lasbrief aan te vra.

Parlementêre groepe van verskillende partye — glo ook die ANC — was 'n rukkie gelede ongelukkig hieroor toe sekere aanpassings in belastingwetgewing in die Parlement bespreek is. 'n Deel van die nuwe veranderinge is glo dat die Kommissaris van Inkomste wye diskresionêre magte kry om self oor belastingdispute te besluit, sonder dat dit nodig is om 'n hof te raadpleeg.

Die knelpunt is dat belastingtoepassing nou deur 'n diskresionêre proses gaan, pleks dat dit duidelik in wetgewing omskryf word sodat die howe 'n uitspraak daaroor kan gee.

Die Minister van Finansies het in sy jongste Begrotingsrede aangedui dat die Ontvanger aggressiewe metodes gebruik om die sogenaamde belastinggaping te verklein.

Die Ontvanger doen dit al jare lank deur professionele mense op 'n kontrakbasis in te span, wat eenmalig en gesamentlik alle belastingoudits op 'n besigheidsperseel uitvoer. Letterlik miljarde rande word op dié manier bykomend ingevorder.

Die minister laat doen glo ook 'n ondersoek oor die moontlikheid om belastingpligtiges se belastingadviseurs óók aanspreeklik te maak. Die aanspreeklikheid is tans net dié van die belastingbetaler.

Die voordeel wat die Ontvanger se personeel het deur 'n besoek te bring aan die belastingbetaler se perseel, is dat dit hulle in staat stel om ook 'n oordeel te vel of die belasbare inkomste wat opgegee word, in verhouding is met die belastingbetaler se bates. Dit gee hulle glo baie vinnig 'n aanduiding hoe groot die potensiële gaping is tussen die werklike inkomste en dit wat opgegee word vir belastingdoeleindes.

Onthou, die Ontvanger kan deesdae 'n mens se bankrekenings monitor vir die vloei van geld deur die verskillende rekenings — wat ook uiteindelik met die opgawes moet klop.

In die tabel is 'n uiteensetting van die bronne van inkomste vir die Staat deur die verskillende vorme van belastings wat geïn word. Die grootste bron van inkomste is die belasting wat deur individue verskuldig is. Die belastingtoegewings van sowat R15 miljard wat dié jaar aan individuele belastingbetalers toegestaan is, is reeds hiervan afgetrek.

BTW is eweneens vir die staat 'n groot bron van inkomste en dit is natuurlik dié belasting wat graag geoudit word. Die redes is dat die meeste boere en kleiner besighede faktuur-optelfoute of allokasiefoute begaan.

'n Mens moet volledige bewyse hou — wat alle boere nie doen nie — en die verskille teenoor die opgawes oor 'n tydperk van vyf jaar kan 'n redelike bedrag beloop. As groot boetes hierby gevoeg word, sal sekere mense van hul bates moet verkoop om die rente en boetes te kan betaal. Deesdae gaan 'n mens boonop kapitaalwinsbelasting op die bate betaal!

Die belasting- en meegaande administratiewe las op boerderye raak al hoe groter. Dit is sekerlik een van die vernaamste redes waarom boere professionele mense huur om die boerdery se rekordhouding, administrasie en belastingopgawes op 'n maandelikse basis te doen.

Die werkloosheidsversekeringswet is vanjaar só verander dat dit ook op die landbou van toepassing is. Alle werkers moet nou geregistreer word en maandeliks moet 1 % van die salaris deur die werknemer en die werkgewer oorbetaal word. Die verpligting is op die boer om dit te doen. Dit word glo elektronies gedoen en werkers kry nie 'n bewys daarvoor nie — voorheen is blou kaarte uitgereik. Sekere voorskrifte geld oor watter werkers aanspreeklik is, asook die berekeningsmetodiek wat gebruik word.

'n Ander verandering is dat direkteure van private maatskappye en lede van beslote korporasies — wat die geval is by baie boerderye — nou maandeliks inkomstebelasting moet betaal. Dit word ook volgens sekere voorskrifte en reëls gedoen.

Voorheen is belasting betaal, maar die finale berekeninge is eers met die jaarafsluiting gedoen en die vergoeding is bepaal aan die hand van winste wat gemaak is. Dit geld nie meer nie.

Die voorskrifte is ook só verander dat boere nie meer 'n belastingjaar gaan hê wat in Junie afloop nie. Diegene wat nog op dié basis werk, moet vanjaar omskakel na 'n belastingjaar wat einde Februarie ten einde loop. Dit het allerlei administratiewe implikasies, maar die vloei van inkomste en uitgawes sal betyds beplan moet word om nie ongewenste resultate te hê nie.

In die praktyk is die administratiewe las wat kapitaalwinsbelasting op belastingbetalers lê, skrikwekkend. Veral in die geval van 'n boerdery met baie los bates. Voor die inwerkingtreding volgende jaar, moet 'n heeltemal volledige inventaris opgestel wees met 'n waardasie van al die bates, of fakture vir die aankoop van die bates. Rekord moet afsonderlik gehou word van alle toevoegings en verbeterings aan elke bate.

Die onus is nou volledig op die belastingbetaler. Dit gaan duur wees en ordentlike administrasie en boekhouding gaan nodig wees om nie in 'n groot kapitaalwinsbelastingprobleem te beland wanneer bates verkoop word nie.

Ten slotte

Dit raak al hoe moeiliker en ingewikkelder om aan die belastingvoorskrifte te voldoen, te midde van die neiging om die las van die administrasie en die bewys na die belastingbetaler te skuif. Dit verg nie net ordentlike maandelikse administrasie nie, maar ook kundigheid, anders kan groot boetes op die lyf geloop word, veral omdat die magte van die Ontvanger uitgebrei word. Belasting en administrasie is nou 'n groot deel van boerderybestuur.

Staat se inkomstebronne 2001/02

Bron: Begrotingsdokumentasie 2002

BronR Miljard
Persoonlike inkomstebelasting 91,0
Maatskappybelasting44,0
Sekondêre maatskappybelasting6,7
Belasting uit aftreefondse6,5
Ander inkomste1,4
Salaris/werkers2,7
Eiendomsbelasting4,5
BTW58,6
Aksyns&amp10,4
Brandstof15,0
Belasting op internasionale
handel (tariewe)
9,2
Seëlregte1,8
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot