AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Meer SA wyn na China

’n Ooreenkoms tussen DGB en die Chinese regering beteken meer Suid-Afrikaanse wyne op dié land se rakke.

Danksy ’n ooreenkoms met Cofco, die staatsbeheerde verspreider van grane, olies, wyn en voedselprodukte in China, gaan twee bekende Suid-Afrikaanse wynhandelsmerke uit die DGB-stal voordeel trek uit die Chinese wynmark. Dié mark gaan na beraming oor die volgende drie jaar met bykans 40% vergroot.

Cofco gaan voortaan die Boschendal- en Tall Horse-handelsmerke eksklusief invoer en bemark. Ander handelsmerke in die DGB-portefeulje kan dalk later volg.

Flukse groei in Chinese wynmark

Die Chinese mark raak toenemend aantreklik vir Suid-Afrikaanse wynkelders en die vraag na veral gehalte-wyne groei in China. Verlede jaar het China altesame 638 miljoen liter wyn ingevoer. Dit verteenwoordig jaar-op-jaar-groei van 15%.

Dis egter nie net volumes wat klim nie, maar ook die invoerwaarde het met meer as 16% geklim (jaar-op-jaar) en kom neer op $2364 miljard, luidens ’n mediaverklaring.

“Daar word voorspel dat wynverkope in China met 39,8% kan groei oor die volgende drie jaar. Dit sal daartoe lei dat China vir Frankryk en die Verenigde Koninkryke verbysteek om die wêreld se grootste wynmark naas die Verenigde State van Amerika te word.”

Die vasteland van China is tans die grootste Asiese mark vir Suid-Afrikaanse wyne (volumegewys) en Suid-Afrika se sesde grootste uitvoerbestemming.

“Avontuurlustige” verbruikers

Volgens mnr. Castle Li, Cofco Wine & Spirits se algemene bestuurder, stel Chinese verbruikers al hoe meer belang in wyne uit die “nuwe wêreld”. Dit het Suid-Afrika se markaandeel in China goed gedoen.

“Die Boschendal- en Tall Horse-handelsmerke bied twee groot markdrywers: waarde en agtenswaardige gehalte. Ons sien uit daarna om bewusmaking en vraag na hierdie handelsmerke in die mark te skep.”

Mnr. Tim Hutchinson, DGB se voorsitter en hoof- uitvoerende bestuurder, glo hulle gaan baatvind by Cofco se vespreidings- en bemarkingsmag in China, veral om te help dat Boschendal en Tall Horse in ’n groot verskeidenheid Chinese stede en bemarkingskanale beskikbaar is.

“Die beeld en groei van Suid-Afrikaanse wyne in China sal hierdeur ondersteun word. Ons het agtergekom soos verbruikers meer avontuurlustig raak en bereid is om nuwe wynontdekkings te maak, vlam die belangstelling op in die Suid-Afrikaanse wynkategorie. Ons is vol vertroue dat die Chinese verbruikers aanklank sal vind by die erfenis en egtheid van ons handelsmerke.”

DGB is Suid-Afrika se grootste onafhanklike wyn-, bier- en spiritualieëprodusent. Aan die ander kant is Cofco Wine & Spirits een van die grootste wyninvoerders in China. Die maatskappy besit ook Greatwall Winery, een van China se bekendste plaaslike wynhandelsmerke.

DGB het in 2012 ’n kantoor in Hong Kong geopen met die oogmerk om sakegeleenthede in die Asiese mark aan te gryp. Sedertdien het die maatskappy se uitvoervolumes en markaandeel hier bestendig vergroot.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot