AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Meer spoed, minder sleur vir sybokhaar

Die Sybokhaartrust is nou die inklusiewe strategiese bedryfsliggaam wat die septer in dié bedryf sal swaai.

Die sybokhaarbedryf het wesentlike veranderinge in sy bedieningstrukture aangekondig. Dit sluit ondermeer die verkleining van die direksie van Sybokhaar Suid-Afrika (SSA), ’n uitbreiding van verteenwoordiging in die Sybokhaar Trust en sentralisering van sy menslike hulpbronne in.

Mnr. Deon Saayman, hoofbestuurder van SSA, sê die veranderinge volg ná maande se ondersoek en samesprekings hoe om beter dienslewering aan die bedryf te verseker en duplisering van werksaamhede uit te skakel.

Die direksie van SSA is van 10 tot 4 lede verminder, waarvan drie nie-uitvoerende direkteure sal wees. Die lede van die trust word van die huidige agt tot 12 trustees vermeerder om dit meer inklusief te maak en ook voorheen benadeeldes, verwerkers en die makelaars van sybokhaar in te sluit.

Die personeel wat die trust, SSA, Sybokhaarkwekersvereniging (SASKV) en die Bemagtigingstrust bedien, asook die finansiële verantwoordelike van die bedryf, sal onder SSA gesentraliseer word.

Saayman sê die SASKV sal as ’n onafhanklike organisasie bly voortbestaan en steeds deur sy personeel op Jansenville bedien word. Dit geld ook die personeel van die Bemagtigingstrust. “Die veranderinge sal meebring dat die bedryf vinniger besluite neem en meer vaartbelynd wees. Waar geld weens duplisering in sy strukture in die verlede ondoeltreffend aangewend was, sal dit nou benut kan word om méér personeel waaronder ’n ekonomiese- en volhoubaarheidsbeampte aan te stel.

Mnr. Davey Herold, voorsitter van die Sybokhaartrust het die verwikkelinge as ’n ‘historiese stap’ bestempel wat die fondament lê om ’n nuwe era in die bedryf in te lui.

Mnr. Cobus de Klerk, voorsitter van die SASKV, het eweneens die veranderinge verwelkom en sê die grootste voordeel is dat personeel méér doeltreffend aangewend sal word en daar groter kruisbestuiwing van idees sal wees. “Al die rolspelers in die bedryf ondersteun die veranderinge en produsente behoort die meeste daarby sal baat,” het De Klerk bygevoeg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.6%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.03
-0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,764.45
-0.2%
Silwer
23.20
-0.5%
Palladium
2,019.35
-2.9%
Platinum
1,038.50
-1.9%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek hou van kos maak en met vriende te kuier
Ek like van eerlike mense en lekka lag en kuier. Buite mense Uit eet Braai Weg gaan See Saam kuier Koos maak
Vrede,vreugde en liefde. Het genoeg chaos met my kids so wil lekker rustig kuier met goeie geselskap
Ek is al deur baie in my lewe en het al baie seer gekry, maar ek het die beste lewens lesse daardeur geleer en net sterker op gestaan. Ek het 'n sterk persoonlikheid en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot