AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4671
0,00
SOYA
29 Mrt
-
8192
0,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3990
0,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Meer volstruise van kant gemaak

Nóg 1200 volstruise moet naby Aberdeen van kant gemaak word nadat die Avian Influenza-virus op ’n plaas gevind is.

Sowat 1200 volstruise sal van Maandag, 6 Augustus, op ’n plaas naby Aberdeen van kant gemaak word. Dr. Jane Pistorius, bestuurder van Veeartsenykunde in die westelike dele van die Oos-Kaap, sê dit volg ná die voorkoms van die H7N1 Avian Influenza-virus op ’n derde plaas in die distrik bevestig is.

Plase in ’n radius van 10 kilometer buite die dorp is verlede maand onder kwarantyn geplaas ná die virus op twee ander plase gevind is. Sowat 900 volstruise, wat op die twee plase was, is reeds van kant gemaak. Pistorius sê die virus is nog op geen ander plaas in die omgewing gevind nie, maar die kwarantyn sal intussen geld.

Voordat dié uitbreking bevestig is, is 50 000 volstruise reeds van kant gemaak sedert die uitbreking van die H5N2-virus in die Klein Karoo in April verlede jaar. Die bedryf het sedertdien sy uitvoerstatus na die Europese Unie verloor, endit  verloor maandeliks honderde miljoene rande aan uitvoerinkomste.

Taakspan aangestel

Intussen sê mnr. Wouter Kriel, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van landbou, ’n taakspan is op 31 Julie aangestel om vas te stel of die doodmaak van diere op ge-affekteerde plase die beste oplossing is. Dít het gevolg op ’n versoek van die bedryf dat die staat ander metodes moet ondersoek om die voorkoms van die virus te beperk.

Luidens ’n berig in BusinessDay bestaan kommer dat die doodmaak van die voëls die bedryf kan vernietig. Die bedryf het sedert die uitbreking meer as R1 miljard reeds aan inkomste verloor. Verskeie boere het al hulle voëls van kant gemaak en hul werkers afgelê.

Nie onnodig

Kriel sê hoewel ander metodes, soos inentingsveldtogte en die gebruik van kwarantyn en beheersones, ondersoek sal word, beteken dit nié dat 50 000 volstruise “vir geen rede van kant gemaak is nie.” Hy sê tydens ’n uitbreking in 2005 en 2006 is voëls ook van kant gemaak, en dié metode wat toe baie doeltreffend.

Volgens mnr. Piet Kleyn, waarnemende hoof-uitvoerende beampte van die Volstruisbesigheidskamer, is nog geen navorsing gedoen oor hoe die H5N2-virus dit in volstruise gemanifesteer het nie.

Bron: Business Day

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.20
-0.2%
Rand - Pond
22.43
-0.1%
Rand - Euro
19.71
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
956.84
-1.1%
Palladium
1,416.84
0.0%
Goud
1,961.52
-0.6%
Silwer
23.10
-1.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,445
0.0%
Alle aandele
76,047
0.0%
Hulpbronne 10
66,460
0.0%
Industriële 25
102,327
0.0%
Finansiële 15
15,628
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot