AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Méér water as indringers verwyder word

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Benewens die verwydering van indringers word die afloop van water verbeter danksy die bou van keerwalle om vleilande te beskerm. Foto: Verskaf
Benewens die verwydering van indringers word die afloop van water verbeter danksy die bou van keerwalle om vleilande te beskerm. Foto: Verskaf
Die verwydering van indringerplante in opvangsbiede van belangrike opgaardamme in die Oos-Kaap speel ’n belangrike rol om watervoorsiening ’n hupstoot te gee én werk te skep.

Die Gamtoos-besproeiingsraad is tans betrokke by verskeie projekte wat deur die regerings gefinansier word om watersekerheid in die suidwestelike deel van die Oos-Kaap te verbeter. Watertekorte staar groot dele van die gebied in die gesig weens onvoldoende reënval.

Die Kougadam, een van die damme onder die besproeiingsraad se bestuur, en ’n belangrike waterbron is vir besproeiingsboere, die Nelson Mandelabaaimetro en omliggende areas, is tans minder as 12% vol en het weens ’n langdurige droogte in 2015 laas oorgeloop. Die dam was sedert sy voltooiing in 1969 elke vyf jaar vol.

“Die stand van die opvangsgebiede is uiters belangrik sodat meer water beskikbaar is om die opgaardamme aan te vul,” sê me. Rienette Colesky, uitvoerende hoof van die Gamtoos-besproeiingsraad.

Deel van die aksies sluit die verwydering van indringerplante in die opvanggebiede van verskeie damme.

Sy sê die verwydering van indringers moet nie net deur die regering nie, maar deur enige belanghebbende, wat ook boere insluit, aangepak moet word. “Dit is baie baie goedkoper as om damme te bou.”

Navorsing wat in opdrag van die raad uitgevoer is, toon dat basislynvloei in die opvangsriviere ’n hupstoot van 13 kiloliter per dag kry waar indringerplante uit fynbosgebiede verwyder is. Dit is genoeg vir een huishouding se maandelikse watergebruik volgens huidige waterbeperkings van 15 kiloliter in die metro.

Werkskepping

In die proses word werkskepping ook aangepak. In die afgelope vyf jaar is werk aan 1000 werklose gemeenskapslede gegee, wat oor die tydperk indringerplante van 0 000 hektaar in die opvangsareas verwyder het.

Volgens Colesky verhoog indringerplante transpirasie en verdampingsverliese en word baie meer water uit die grond opgeneem as deur inheemse plante.

“Hulle kan die vloei van die riviere en jaarlikse afloop verminder na die damme wat water verskaf aan die Nelson Mandelabaaimetro benadeel. Dit sluit die Churchill-, Impofo- en Kougadam in.

Volgens mnr. Edwill Moore, die Gamtoos-besproeiingsraad se streekbestuurder vir die westelike deel van die Oos-Kaap, het die verwydering van indringerspesies, wat hoofsaaklik uit swartwattels bestaan, ’n groot impak.

Ongeveer 100 ha is onlangs in die opvangsgebied van die Kougadam in die Langkloof rondom Louterwater, Krakeelrivier en Joubertina skoongemaak met opvolgaksies wat uitgevoer is oor ’n skoongemaakte area van 3 800 ha, waar 525 werksgeleenthede geskep is.

In die opvangsgebied van die Churchilldam, wat strek van 30 km stroomop van Kareedouw tot by die dam, is 2 256 ha se digte indringerbosse in oewergebiede skoongemaak, met opvolgaksies op 2 273 ha se areas wat voorheen skoongemaak is, waar 6 000 werksgeleenthede vir gemeenskapslede geskep is.

Verdere aksies behels die herstel- en rehabilitasiewerk aan vleilande in die Kromme- en Dieprivier, wat die opvangsgebied vir onderskeidelik die Churchill- en Impofodam dek.

Dit sluit die bou van en onderhoud aan betonkeerwalle in om verdere verliese aan palmietvleilande te voorkom, en om inheemse vleilande te vestig in gebiede wat voorheen deur wattels ingeneem is.

Volgens mnr. Andrew Knipe, wat die oostelike deel van die Oos-Kaap bestuur, word die sukses van die projekte toegeskryf aan die volgehoue werk om indringerspesies te verwyder en verg dit deurlopende opvolgwerk en onderhoud aan reeds skoongemaakte areas. Dit vereis ook dat deeglike stelsels gevestig moet wees.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.41
+0.7%
Rand - Pond
22.59
+0.3%
Rand - Euro
19.85
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
986.63
+1.5%
Palladium
1,404.92
-0.1%
Goud
1,938.50
-0.1%
Silwer
22.28
-0.5%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,565
+1.1%
Alle aandele
75,028
+1.0%
Hulpbronne 10
65,211
-0.7%
Industriële 25
101,440
+1.6%
Finansiële 15
15,352
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot