AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Meer wit, minder geel mielies geplant

Pryse van bó R1 800/ton waarteen wit mielies op die landboutermynbeurs van Safex verhandel, dryf boere tot groter aanplantings van wit mielies en heelwat afskaling van geelmielie-aanplantings.

Volgens die Oesskattingskomitee blyk dit dat boere vanjaar 328 470 ha meer wit mielies en 81 000 ha minder geel mielies as verlede jaar wil plant. Dit is 19 % meer wit en sewe persent minder geel mielies. Dit blyk dat boere beoog om vanjaar 3,081 miljoen hektaar mielies te plant - 8,7 % meer as verlede jaar se aanplanting van 2,833 miljoen hektaar. Die beoogde aanplanting van wit mielies is 2,050 miljoen hektaar (67 % van die beoogde aanplantings) en 1,031 miljoen hektaar geel mielies. Die geelmielie-aanplanting sal 33 % van die totale aanplantings uitmaak. Dié syfers word, volgens die komitee, deur saadverkope bevestig. Daar is 'n besliste beweging ten gunste van die groter verbouing van wit mielies, sê die komitee. Waar die beoogde verhouding van aanplantings van wit tot geel mielies vanjaar 67 % teenoor 33 % is, was dit verlede jaar 61 % teenoor 39 %. Die verwagte mielie-aanplantings vir die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes toon 'n toename van onderskeidelik 15 %, 23 % en 19 %. Die aanplantings in die oorblywende provinsies blyk ook hoër te wees. Volgens die Oesskattingskomitee kan die verwagte toename in aanplantings van wit mielies hoofsaaklik toegeskryf word aan beter prysvooruitsigte, toegepaste wisselboupraktyke en die tekort aan wit mielies in ander lande in Suider-Afrika. Die verwagte aanplantings van sorghum en droëbone toon ook 'n toename van onderskeidelik 14 % en 20 %. Boere is van plan om sewe persent minder sonneblomsaad, asook sewe persent minder sojabone te plant. Grondboon-aanplantings sal na verwagting 33 % minder as verlede jaar wees. Die afname in die aanplantings van hierdie gewasse word toegeskryf aan hoë produksiekoste en groter beoogde witmielie-aanplantings. 4 Oktober 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ordentlike Man wat net gelukig wil wees saam met sy pasmaat
Daar is baie meer in my en agter my as wat n mens sien. Ek verkies dat mens net van my weet wat nodig is.
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot