AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9423
0,00
CORN
28 Sep
-
4756
0,00
SOYA
28 Sep
-
9247
0,00
SUNS
28 Sep
-
9708
0,00
WEAT
28 Sep
-
7006
0,00
WMAZ
28 Sep
-
4779
0,00
YMAZ
28 Sep
-
4682
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Meeste boere sal skuld kan diens – Agbiz

Heelwat boere sal hul skuld moet herskeduleer, maar sal steeds vir produksiekrediet vir die komende seisoen kwalifiseer, meen die landbousakekamer Agbiz.

Die meeste boere in die somersaaigebiede sal ondanks die droogte hul produksieskuld kan diens, sê die landbousakekamer Agbiz.

In die somersaaigebiede is die afrekeningsdatum vir produksielenings 30 Augustus. Volgens dr. John Purchase, uitvoerende hoof van Agbiz, het die droogte in die algemeen boere se finansiële situasie laat verswak, maar 'n Agbiz-opname wys dit is nie katastrofies nie.

“ 'n Beduidende getal sal hul skuld moet herskeduleer, maar sal steeds vir produksiekrediet vir die komende seisoen kwalifiseer.

“Daar is 'n spesifieke groep met totale skuld van sowat R1 miljard wat nie sal kwalifiseer nie. Ondersteuning is nodig om die verdienstelike en kwalifiserende boere in dié groep te help om in produksie te bly.”

Laat somerreëns

Die droogte se invloed verskil, maar Purchase sê vir gewasboere was daar 'n mate van verlies danksy laat somerreëns wat laat aanplantings moontlik gemaak het, die later koue en ryp, die gevolglike goeie opbrengste, en hoër as normale pryse.

Baie veeboere is egter tans desperaat besig om te probeer om hul teelkuddes deur die moeilike laaste deel van die winter te kry, voordat lentereëns hopelik middel Oktober begin. In sekere gevalle is hulp in die vorm van voer en water nodig om hulle te help om te oorleef, sê Purchase. In die algemeen is boere se balansstate nie swak of uitgeput nie, maar kontantvloei is 'n groot probleem.

Purchase sê banke en landboubesighede het almal ooreengekom dat hulle boere sal help waar moontlik om vir die volgende seisoen produksiekrediet te kry, binne hul eie vermoëns en kredietkriteria.

Hulle sekwestreer nie boere nie behalwe as dit absoluut noodsaaklik is weens risiko, kredietkriteria, en die Nasionale Kredietwet se bepaling oor die assessering van bekostigbaarheid.

Reeds reëlings getref

Mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa Agribesigheid se sentrum vir uitnemendheid, sê die meeste boere het, indien nodig, reeds reëlings rondom hul lenings getref.

Hy het vertel van 'n boer by Biesiesvlei in Noordwes wat op sowat die helfte van sy grond opbrengs van meer as een ton per hektaar gehad het. “Sy kop is deur, danksy prys en die wisselkoers.”

Mnr. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB Landbou, sê hoewel alle boere nog nie klaar geoes het nie, is dit reeds moontlik om te sê daar sal na verwagting min boere wees wat nie hul produksieskuld kan betaal nie.

“FNB, en ek glo ook die ander banke, sal eers probeer om die boer so lank moontlik op die plaas en in produksie te hou, voordat drastiese stappe gedoen word.”

Herstrukturering

Die getal boere wat om herstrukturering aansoek gedoen het, is volgens hom minder as wat verwag is.

Mnr. Bennie van Rooy, finansiële hoof van die Land Bank, het aan Marleen Smith gesê die bank ondersteun in die algemeen boere wat nie hul produksiekrediet kan terugbetaal nie, mits sekuriteit in plek is, en verwagte toekomstige kontantvloei 'n verhoogde fasiliteit ondersteun.

Dit is volgens Maree nie noodwendig 'n gegewe dat minder krediet vir die volgende seisoen toegestaan sal word nie.

“Daar is 'n goeie kans dat ons selfs meer as verlede jaar kan toestaan, omdat 'n beter seisoen verwag word en boere daaruit en uit die beter pryse sal wil voordeel trek,” sê Maree.

“Boere se reserwes kan ook moontlik uitgeput wees en hulle kan dus meer afhanklik van krediet wees.”

* Lees ook die berig: Maermaak en doodmaak-maand kom

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
-0.6%
Rand - Pond
19.32
+0.1%
Rand - Euro
17.33
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Goud
1,622.17
-0.4%
Silwer
18.11
-1.5%
Palladium
2,063.99
-0.6%
Platinum
845.00
-1.0%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,621
0.0%
Alle aandele
64,026
0.0%
Hulpbronne 10
56,997
0.0%
Industriële 25
79,272
0.0%
Finansiële 15
14,209
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot