AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9360
-78,00
CORN
27 Sep
-
4811
-44,00
SOYA
27 Sep
-
8670
-39,00
SUNS
27 Sep
-
9802
-166,00
WEAT
27 Sep
-
7050
-8,00
WMAZ
27 Sep
-
4836
-30,00
YMAZ
27 Sep
-
4675
-35,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

'Meganisasie moet waarde toevoeg'

Bly aan die voorpunt van die tegnologie, maar moenie op loop gaan met meganisasie nie, sê 2013 se Boer van die Jaar.

Om winsgewind te bly te midde van stygende produksie koste het boere nodig om aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling te wees. Mnr. Rossouw Cillié, 2013 se Boer van die Jaar, het by die Rovic Leers-opleidingsdag in Somerset Wes gesê hierdie situasie gaan ’n groot rol speel in hoe boere sake doen.

“Ek sien konsultante as vennote in my sake-onderneming. As ek geld maak, maak hulle geld. Ek wil dus hê dat verkoopskonsultante met my oop kaarte moet speel oor hulle produkte. Hulle moet ’n gedetailleerde objektiewe vergelyking van hul produk met dié van hulle mededinger kan maak, sodat ek ’n goed ingeligte besluit kan neem.”

Hy het gekla oor hoe min waarde daar deesdae aan integriteit geheg word. “In die verlede was iemand se woord genoeg versekering dat iets gaan gebeur, deesdae moet alles mos op papier geformuleer word. Integriteit is egter vir my ononderhandelbaar – ek kan nie werk met iemand wat ek nie kan vertrou nie.”

Sy raad was dus dat verkoopsagente hulself eers moet verkoop, die produk sal dan volg: “Ek doen die meeste van my sake met die mens by wie ek persoonlike aanklank vind en met hom is ek bereid om ’n pad te loop,” het hy verduidelik.

Sake-entiteite
Hy het gesê dat stygende lone veroorsaak het dat boere van werkgewers na sake-entiteite verander het. Konsultante moet dus probeer om die werklike behoefte van boere in hierdie situasie te verstaan en nie hulle – wat nog nooit geboer het – se idees op boere probeer afdwing nie. Inligting en oplossings moet ook eenvoudig en prakties wees, aangesien boere in Suid-Afrika nog nie die kennis het om die ingewikkelde goed te doen wat oorsee gedoen word om kostes te spaar nie.

Cillié het met behulp van meganisasie en klein produksieveranderings dit reggekry om sedert die stakings 18 000 mandae te meganiseer. Dit is gelyk aan sowat honderd werksgeleenthede. Oor die algemeen het hy egter dit reggekry om afdankings tot die minimum te beperk deur werkers se produksie te verbeter met behulp van meganisasie.

Volgens sy berekeninge kan jy R130 000 belê in meganisasie oor vyf jaar, vir elke werker wat moet gaan. Die masjien behoort homself binne drie jaar af te betaal. “Mense het nooit voorheen hierdie somme gemaak nie, maar nou word dit al hoe meer gemaak en meganisasie word ’n al hoe aantrekliker opsie.”

Hy het egter gewaarsku dat boere nie moet op loop gaan met meganisasie nie. “Party boere het mos die geneigdheid om altyd na 'n trekker te gryp as probleme kom. Die manier waarop meganisasie gedoen word, moet goed deurdink word om te verseker dit voeg waarde tot jou boerdery.”  

Byskrif: Mnre. Marius Ras, bemarkingsbestuurder by Rovic Leers (links) en Dominique Nicola, bestuurder van Uitvoere na Afrika by Kuhn-groep, het aangekondig dat hulle 'n reis vir mnr. Rossouw Cillié (middel) na die Kuhn-groep se hoofkantoor in Frankryk borg omdat hy die Boer van die Jaar-kompetisie gewen het. Cillié boer by Laastedrif buite Ceres. Foto: GLENNEIS KRIEL

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.95
+0.7%
Rand - Pond
19.43
-0.5%
Rand - Euro
17.28
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.63
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,634.14
+0.7%
Silwer
18.60
+1.3%
Palladium
2,031.00
-0.6%
Platinum
861.00
+0.9%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,282
-0.0%
Alle aandele
63,639
+0.0%
Hulpbronne 10
55,888
-0.6%
Industriële 25
79,508
-0.0%
Finansiële 15
14,081
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot