AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Melkbedryf deur nog prysverlagings geruk

Ná Dairy Belle ’n drastiese melkprysverlaging aangekondig het, het net twee melkkopers nié hul pryse verlaag nie, sê die MPO.

“Van al die groot melkkopers in die land het net Woodlands Dairy en Nestlé nie hul melkpryse die afgelope paar weke aan produsente verlaag nie,” vertel mnr. Dean Kleynhans, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO).

Die onlangse dalings wissel tussen 20c en 30c per liter. Dié verlagings volg op verlagings van tussen 50c en 75c per liter wat verlede maand deur Dairy Belle aangekondig is.
 
Kleynhans sê melkboere kan nie tans verlagings bekostig nie, aangesien die bedryf pas herstel het van ’n afwaartse siklus wat die afgelope drie jaar voorgekom het. “Dis net chaoties. Ons raak net nie van die wisselvalligheid in die bedryf ontslae nie, en dié wisselvalligheid word veroorsaak deur opportunisme!”
 
Volgens ’n verklaring sê Kleynhans die prysverlagings wat nou ingestel word, is kontraksilies en strook nie met markneigings nie. “Melkkopers word gewys op die nadelige uitwerking van soortgelyke ongunstige prysseine in die verlede en die hoë koste om melkvoorsiening reg te stel ná sulke drastiese prysverlagings.”
 
Invoer
Die MPO sê groot hoeveelhede suiwelprodukte, veral kaas, is die afgelope drie maande deur van die grootste kopers ingevoer. Volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se amptelike statistiek is in dié tyd sowat 3 600 ton Cheddarkaas en ses miljoen liter langlewemelk ingevoer - die meeste daarvan na bewering deur melkkopers.
 
In ’n onderhoud met Landbou.com het Kleynhans daarop gewys dat die prysverlagings ’n gevolg is van dié invoer. Dié invoer is op sy beurt ’n gevolg van laer pryse in Europa en Amerika, wat deur ’n sterker rand ondersteun word.
 
‘Voedselonsekerheid’
“Wat gebeur as die rand net weer begin versterk, of die olieprys styg, en daardie ekonomië beter begin vaar? Dan is invoerpariteit weer op en moet invoer weer afneem. En dan het nóg meer produsente die bedryf verlaat en sit ons met suiwelverwante voedselonsekerheid in die land!”
 
Volgens Kleynhans staan die prys wat melkboere oor die algemeen per liter melk kry, tans op sowat R3,50. Met ’n mielieprys wat Maandag (16 Julie 2012) R3 200 per ton gehaal het en gevolglik voerpryse beïnvloed, sê Kleynhans kan minder en minder produsente oorleef.
 
Sowat 2 300 melkprodusente is in die land oor. “Ek het vanoggend (Dinsdag, 17 Julie 2012) weer oproepe van boere gehad wat gesê het hulle gaan nie eers probeer met die nuwe pryse nie – hulle moet die bedryf verlaat,” vertel Kleynhans.
 
Die organisasie rig ’n dringende versoek aan melkkopers om produsentepryse verantwoordelik te bestuur.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot