
Die melktekort is ’n tragedie vir die plaaslike suiwelbedryf, sê mnr. Bertus de Jongh, uitvoerende hoof van die Melkprodusente-organisasie.
Hy sê plaaslike suiwelproduksie het die eerste sewe maande vanjaar met 0,5% afgeneem teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
De Jong se toenemend word leë melkrakke in supermarkte aangetref , wat ’n groot koste vir die bedryf inhou weens 'n verlies aan inkomste.
Die tekort word voorts aangehelp deur die toename in die vraag na suiwelprodukte. "Slegs ten opsigte van vloeibare melk is in die 12 maande tot Maart 2014 ’n toename van 1,4% teenoor die voorafgaande 12 maande ondervind."Volgens De Jongh is die invoerde suiwelprodukte té duur om die plaaslike tekort aan te vul aangesien die internasionale pryse steeds hoër as invoerpariteit is."Die huidige roumelk-prysmeganisme is duidelik nie voldoende om die vraag na die produkte te voorspel nie en die MPO meen dit is tyd om dit te heroorweeg," se hy.
Die nasionale MPO-kongres word in Bloemfontein gehou.