AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Melkboere kry groter stem deur DFSA

Die stigting van Dairy Farmers of South Africa sal ’n stem aan boere gee wat melk lewer aan Clover, reken ’n melkboer wat betrokke is by die groep se raad.

’n Nuwe maatskappy waarin melkboere die meerderheid aandeelhouers is, gaan voortaan primêre melkprodukte onder die Clover- en ander handelsmerke aan die kleinhandel bemark.

Dairy Farmers of South Africa (DFSA), wat op 1 April 2017 as volfiliaal van Clover tot stand gekom het, gaan ook onverwerkte melk aan Clover verskaf vir sy waardetoegevoegde suiwelprodukte. Vanaf 1 Julie 2017 is aandele wat 74% van die stemreg in DFSA verteenwoordig, oorgedra aan melkboere wat voorheen aan Clover melk gelewer het. Clover behou die res van die aandele (26%).

Mnr. Johan Strydom, melkboer van Noordwes, verteenwoordig as nie-uitvoerende direkteur die Hoëveldse en Vrystaatse boere in die DFSA-raad. Hy sê 10 000 DFSA-aandele is aan melkboere uitgereik en dit gaan jaarliks toegedeel word aan boere wat melk aan die maatskappy lewer, na gelang van hoeveel melk hulle die vorige jaar gelewer het.

Die aandele het ’n minimale geldwaarde, maar die hoeveelheid aandele wat aan ’n boer toegedeel word, sal bepaal hoeveel gewig sy stem dra wanneer gestem word.

Primêre produkte

Strydom sê baie boere was aanvanklik gekant teen die stigting van die DFSA, maar hy is baie optimisties. “Ons as melkboere het nie voorheen 'n sê in Clover gehad nie. Ons was bloot die grondstofverskaffers. Die enigste sê wat ek gehad het, was om dalk vir 10 minute op ’n Clover-vergadering in Lichtenburg te kon praat. Nou beheer ons die primêre melkprodukte en ook die voorsiening van die onverwerkte melk.”

DFSA gaan onverwerkte melk by boere koop – waarvoor hy die produsenteprys bepaal - en vars melk, langlewemelk, ultragepasteuriseerde melk en soms poeiermelk regstreeks aan klante bemark. Verder moet DFSA volgens kontrak ’n sekere hoeveelheid onverwerkte melk aan Clover lewer, vir sy waardetoegevoegde produkte.

Strydom sê die produkte wat DFSA gaan bemark, is laewinsprodukte, maar die wins, en dus ook verlies, sal DFSA toekom.  Hy sê wins kan teruggehou word vir uitbreidings of dit kan as agterskot aan boere uitbetaal word. DFSA het verskeie kontrakte met Clover gesluit waarvolgens Clover onder meer vir 20 jaar produksie-, verspreiding- en verkoopdienste aan DFSA sal lewer. Daar is ook voorsiening gemaak vir Clover om die melkboere se 74% -aandeelhouding te herroep indien DFSA onsuksesvol is.

Prysverhoging

Strydom sê melkboere kry in die algemeen tans swaar. In die Wes-, Suid- en Oos-Kaap is daar ’n knellende droogte en waar hy in Noordwes boer, is die droogte wel verby maar te veel reën in Februarie en Maart het siektes en modderstres veroorsaak.

“Boere in ons omgewing se melkproduksie het daarom met 50% tot 70% geval. Maar ek sien lig in die tonnel. Hoewel daar steeds algemene prysdruk is, is voerpryse af. DFSA het op 1 Julie bekend gemaak dat KwaZulu-Natalse en Hoëveldse boere se produsenteprys vanaf 1 September met 20c/liter styg, en die Oos-Kaapse boere s’n met 25c/liter.

“Daar is ook groter aansporings vir bottervetproduksie aangekondig,” sê Strydom.

Direkteure

Die ander nie-uitvoerende boeredirekteure op die DFSA-raad is mnre. Shane Simpson van KwaZulu-Natal en Craig Lake wat die Oos- en Wes-Kaap verteenwoordig.

Mnr. Dirk Reyneke is as voorsitter en onafhanklike nie-uitvoerende direkteur aangewys. Die uitvoerende direkteure is mnre. Jacques Botha, uitvoerende hoof van DFSA, Frikkie Booysen, en Tobie de Villiers - almal bekende name in die suiwelbedryf.

Mnre. Johann Vorster, uitvoerende hoof van Clover, en Jacques van Heerden, Clover se hoof van menslike hulpbronne en regs- en sekretariële dienste, dien as nie-uitvoerende direkteure. Clover het vroeër gesê hy het besluit om DFSA te stig omdat hy tussen twee vure sit: sy aandeelhouers dink hy betaal boere te veel, en boere dink hulle word te min betaal om aandeelhouers te verryk.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.90
+0.9%
Rand - Pond
19.26
+0.4%
Rand - Euro
17.24
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,637.53
+0.9%
Silwer
18.70
+1.9%
Palladium
2,093.00
+2.5%
Platinum
860.50
+0.9%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,691
+0.7%
Alle aandele
64,114
+0.8%
Hulpbronne 10
56,959
+1.3%
Industriële 25
79,535
+0.0%
Finansiële 15
14,215
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot