AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Melkboere: Plaashekprys styg ná moeilike jare

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro) sê in sy jongste verslag oor veranderinge in produsentepryse in die suiwelbedryf dat die prysindeks vir onverwerkte melk in November 2021 hoër was as in November 2020.

Melkboere se plaashekprys het volgens Statistieke SA se produsenteprysindeks in die 12 maande tot November verlede jaar stewig gestyg, maar die Melkprodusente-organisasie (MPO) sê dit vergoed nie vir die verliese wat boere sedert 2017 ly nie.

Die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro) sê in sy jongste verslag oor veranderinge in produsentepryse in die suiwelbedryf, gegrond op Statistieke SA se inligting, dat die prysindeks vir onverwerkte melk in November 2021 11% hoër was as in November 2020.

Die produsenteprysindeks vir suiwelprodukte het hierteenoor in dieselfde tyd met 6,3% gestyg.

Tabel 1 wys hoe dié stygings met die prysindeksbewegings van ander voedselsoorte in daardie tydperk vergelyk en toon onder meer die groot styging in die indeks wat voerpryse insluit.

melk tabel 1
TABEL 1: VERANDERINGE IN PRODUSENTEPRYSINDEKSE: NOVEMBER 2020 TOT NOVEMBER 2021

Mnr. Bertus van Heerden, hoofekonoom van die MPO, sê die styging in plaashekpryse moet teen die agtergrond van omstandighede die afgelope paar jaar gesien word. “Die 11%-styging is nie naastenby genoeg om op te maak vir die finansiële verliese wat melkboere van November 2017 tot November 2020 gely het nie, soos ’n mens in grafiek 2 kan sien.

melk grafiek 2
GRAFIEK 2: PRODUSENTEPRYSINDEKSE VAN ONVERWERKTE MELK EN SUIWELPRODUKTE JANUARIE 2012 TOT NOVEMBER 2021. INDEKS: 2012 = 100. BRON: SAMPRO

“In dié tydperk het die boerprys só drasties verlaag, dat die sekondêre bedryf in November 2018 dieselfde prys aan melkboere betaal het as in Oktober 2014. Dit moes marges in die sekondêre en tersiêre bedrywe sterk ondersteun het. In die tydperk van November 2017 tot November 2020, nadat die boerprys so drasties verlaag het, het die prys wat melkboere ontvang, nie tred gehou met die prys van sekondêre bedryf se prys nie, soos duidelik in die grafiek weerspieël word.”

Van Heerden sê melkboere se gemiddelde voerkoste vir 2021 was 36% hoër as in 2019 en 13% hoër as in 2020. Van November 2020 tot November 2021 het die koste van ander produksiemiddele soos elektrisiteit met 17% gestyg, basiese yster en staal met 40% en basiese kunsmis en ander chemikalieë met 51%. 

Bewegings op langer termyn

Sampro se verslag toon dat oor ’n tydperk van byna 10 jaar, van Januarie 2012 tot November 2021 (118 maande), het die prysindeks vir onverwerkte melk met 75,4% gestyg en vir suiwelprodukte met 69,8%.

Tabel 2 toon hoe die bewegings in dié tydperk met ander produkte s’n vergelyk.

melk tabel 2
TABEL 2: VERANDERINGE IN PRODUSENTEPRYSINDEKSE: JANUARIE 2012 TOT NOVEMBER 2021

Die Sampro-verslag bevat ook ’n vergelyking van prysindeksbewegings van Januarie 2007 tot November 2021, waarvolgens alle Suid-Afrikaanse produkte se prysindeks met 125,4% gestyg het, alle voedselprodukte s’n met 160,5%, suiwelprodukte 129,4%, alle landbouprodukte 113,3% en onverwerkte melk 174,7%.

Grafiek 1 en grafiek 2 toon die wisselvalligheid in melkboere se pryse en hoe die vergelyking tussen die prysindekse van onverwerkte melk en suiwelprodukte verskil wanneer die jaar 2000 as basisjaar gebruik word, vergeleke met 2012.

melk grafiek 1
GRAFIEK 1: PRODUSENTEPRYSINDEKSE VAN ONVERWERKTE MELK EN SUIWELPRODUKTE JANUARIE 2005 TOT NOVEMBER 2021. INDEKS: 2000 = 100. BRON: SAMPRO EN STATISTIEKE SA
melk grafiek 2
GRAFIEK 2: PRODUSENTEPRYSINDEKSE VAN ONVERWERKTE MELK EN SUIWELPRODUKTE JANUARIE 2012 TOT NOVEMBER 2021. INDEKS: 2012 = 100. BRON: SAMPRO

Basisjaar maak verskil

Mnr. Alwyn Kraamwinkel, uitvoerende hoof van Sampro, sê die verskil is omdat die twee prysindekse in die basisjaar aan 100 gelyk gestel word. “Verskille tussen die indekse wat voor die basisjaar bestaan het, word dus geïgnoreer. Deur meer as een basisjaar te gebruik, word meer insig geskep en hoe verder die basisjaar in die verlede is, hoe minder belangrik raak die verskille wat voor die basisjaar bestaan het.

“Dit is baie belangrik dat die verloop van die produsenteprysindekse slegs een van die markseine is. Dit moet vertolk word met inagneming van ander markseine wat gesamentlik aanduidend is van die vraag-en-aanbodsituasie.”

Van Heerden meen ’n herordening is in die suiwelbedryf nodig. “Die beter as normale marges en verhoogde omset wat die sekondêre en tersiêre bedrywe gedurende November 2017 tot November 2020 ervaar het, plus die uitwerking van die abnormaal hoë pryse van belangrike insette wat melkplase vanaf 2021 teister, tesame met die druk wat verbruikers ervaar rakende besteebare inkomste, behoort margeverdelings in die sekondêre en tersiêre bedrywe te herskik.” 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.64
+1.1%
Rand - Pond
20.17
+0.1%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.46
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,725.19
+1.5%
Silwer
21.18
+2.3%
Palladium
2,320.50
+4.3%
Platinum
936.83
+3.6%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.4%
Alle aandele
66,313
+3.3%
Hulpbronne 10
64,568
+4.7%
Industriële 25
80,073
+3.3%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot