
'n Nederlandse entrepreneur gaan die grootste melkplaas in Brasilië bou. Dié plaas moet teen die einde van 2016 sowat 4 miljoen kg melk per dag produseer.
Volgens die webwerf, www.boerderij.nl is die man met dié groot planne mnr. Kees Koolen, 'n internet-miljoener. Hy is deesdae 'n belegger en hoof uitvoerende beampte van Agri Brasil, wat met die nuwe melkplaas gemoeid is. Die nuwe melkplaas sal glo 500 miljoen euro kos.
Die melkplaas is in die suidooste van die staat Bahia, en die plan is om met 'n produksie van 1 miljoen kg melk af te skop.
* Mnr. Johannes Loubser van die Fair Cape-melkery buite Durbanville in die Wes-Kaap, bereken dat koeie op só 'n groot plaas gemiddeld sowat 30 liter per dag kan lewer.
Om die 4 miljoen kg melk per dag te haal, sal die melkery dus sowat 133 000 koeie moet melk.
Bron: Boerderij.nl
* Volgens Loubser is van die wêreld se grootste melkplase die El Safi-melkery in Saoedi-Arabië, waar tot 120 000 koeie gemelk word. Dié melkery melk 450 koeie elke agt minute!