As ’n glas-half-vol-mens is dit moeilik om in Suid-Afrika te woon. Maar tog word ons gereeld herinner dat om met hoop te lewe as ’n strategie, nie so dom is as wat die sinici ons wil laat glo nie, want daar is baie mense in ons land, veral ons boere, wat hard werk en baie opoffer in hul voorneme om ’n verskil te maak.
Die grootste gedeelte van die afgelope jaar of wat was vir baie mense uitmergelend en het ons vertroue in Suid Afrika getap. Elke mens het dit op sy eie manier beleef. Ekonomies gesproke is ons ’n klein vissie in ’n groot dam.
Die wêreldekonomie is nie juis inspirerend nie en sprake van ’n wêreldwye resessie dreig. Suid-Afrika se risiko’s blyk duidelik uit die drie groot graderingsagentskappe, Moody’s, Standard and Poors en Fitch, se sienings.