Soos met Eskom gebeur het, is die ANC-regering weens skokkende argeloosheid besig om aktief mee te help om Suid-Afrika se watersekerheid ook te saboteer.
Deurlopende parlementêre vrae van die VF Plus oor die uitvoering van wetlike voorskrifte oor die behandeling van rioolwater maak dit duidelik dat munisipaliteite hulle bloot nie daaraan steur nie. Van die departement van water en sanitasie se kant is daar eweneens geen druk of optrede hoegenaamd teen die oortreders nie.
Die VF Plus het reeds in Julie verlede jaar aangedring op optrede nadat mnr. Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, laat blyk het dat slegs 13 uit 90 munisipaliteite gereageer het op skriftelike aanmanings oor gebrekkige watersuiwering by munisipale wateraanlegte.