Die afgelope jaar was weer ’n onstuimige een, en boere kan met reg vra watter waarde hulle ontvang het vir die ongeveer R43 per maand ledegeld, of die R519 wat jaarliks deur affiliasies aan Agri SA oorbetaal word.
Bestee Agri SA hierdie geld sinvol en het dit maksimum impak gehad? Laat my begin by oorsig, soos uitgeoefen deur boereverteenwoordigers in die direksie, in die kamers, in die sentrums vir uitnemendheid, asook in die oudit- en risikokomitee, Remco en Setcom.
Hulle maak seker dat elke sent omgedraai word met die oog op optimum waarde vir geld. Laat my ook toe om uit te spel wat ons boere in ruil hiervoor kry.