Wanneer daar na voedselsekerheid gekyk word, moet gevra word of dit oor die volhoubare produksie van kos teen bekostigbare prys gaan, of oor die beskerming van groter boere wat geen beheer het nie oor insetkoste – die prys van byvoorbeeld trekkers en werktuie, saad, kunsmis en elektrisiteit.
Is die oorheersende dryfveer produksie met die oog op uitvoer (ten koste van plaaslike verbruikers)? Hoe meer graan en oliesade verbruik word, hoe meer styg die prys daarvan – vraag en aanbod bepaal die prys.
Daarom die voorstel dat invoer toegelaat moet word om produkte goedkoper aan die verbruiker beskikbaar te stel. Hoe tree nuwe boere tot die bedryf toe met die heersende pryse van voer?