Die berig “Prysstygings skuif die doelpale vir saaiboere” (LBW, 24 Februarie 2022) deur Gerrit Bezuidenhout het betrekking. Daarin word geskryf dat 6,9 ton mielies per ha benodig word om gelyk te speel. Die berig is baie onakkuraat.
Teen die huidige prys van graan (twee weke gelede) beteken dit koste van omtrent R24 000/ha. Ek is 34 jaar in die landbou betrokke aan insette-kant. Ek het ook verskeie van my kliënte gevra wat hul koste is.
Nie een was eens naby aan bogenoemde nie. As so ’n berig geplaas word, gee die opsomming van hoe die persoon by sy syfers uitkom. Weerhou u asseblief daarvan om sulke swak of onkorrekte inligting te publiseer.