Die kwesbaarheid van die landbou in die wisselvallige Suid-Afrikaanse klimaat is so lank bekend as dat dié landstreek bewoon word. Daarom was die stigting van ’n staatsbank om hierdie wisselvalligheid te help bestuur, een van die eerste aksies van die nuwe Unie van Suid-Afrika in 1912.
Tans lyk dit of die Land Bank nie meer aan die oorspronklike doel voldoen nie en dat die burgerlike samelewing dit moet oorweeg om iets soortgelyks te onderneem. Die Land Bank se sakemodel is om lenings teen tegemoetkomende rentekoerse aan landbou-ondernemings te verskaf.
Tydens die hoogtepunt van die koöperasiewese het hierdie ondernemings op grondvlak dikwels die Land Bank se lenings op ’n agent- skapgrondslag bestuur. Dit het daarop neergekom dat potensiële lenings deur kundiges beoordeel is wat ook die plaaslike landbou-omgewing en die meriete van aansoekers as sodanig kon beoordeel.