In ’n onlangse brief (LBW, 8 September 2022) het ek verwys na die werk van Charlie Robertson oor wat ’n land moet doen om uit armoede te ontsnap. Dit is van die uiterste belang vir Suid-Afrika se toekoms. Dr. Anton Rupert het gesê: “As jou buurman nie eet nie, kan jy nie slaap nie.”
Om die geheue te verfris, haal ek aan uit Robertson se boek The Time Travelling Economist: “This book’s message is very simple. To the person in the street, to those in the corridors of power and every one in between: If your people can’t read and write, you’ll stay poor, if you don’t deliver electricity, you won’t industrialise and you’ll stay poor, if you don’t get the fertility rate down, you’ll stay poor. No outside assis- tance is required to make improvements in these areas. If any leader is reading this now, the responsibility for your future is entirely yours.”
Die vraag wat nou opduik is: Hoe vaar Suid-Afrika wat onderwys betref? In ’n studie van die Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS) van graad 4-leerlinge in 2016 het Suid-Afrika die swakste gevaar uit die 50 lande wat getoets is.