Boere reg oor die wêreld het die ontwrigting van waardekettings, skakeling met markte en veranderende verbruikersvoorkeure as gevolg van die covid-19-pandemie ervaar, wat hulle gedwing het om hul ondernemingstrategieë te hersien en in baie gevalle hul ondernemings te herstruktureer – nie net om te oorleef nie, maar om te floreer.
Boere voel dit aan hul sak as insetkoste, soos die prys van kunsmis en landbouchemikalieë, die hoogte inskiet vanweë myne en fabrieke wat gesluit was weens die grootste verkeersknoop in die menslike geskiedenis in die wêreld se oseane en hawens.
Boere het swaargekry aangesien restaurante, kitskoswinkels, skoolvoedingskemas, kiosks en kantiens gesluit was en straatverkopers nie ’n vinnige peuselhappie aan pendelaars kon verkoop nie. Mense het nie gedurende die inperking hul eetgewoontes verander.