“Ek is diep, diep bekommerd oor almal wat vermoor word in ons land.” Pres. Cyril Ramaphosa het uiteindelik erken die regering is bekommerd oor plaasaanvalle en -moorde.
Hoewel dit baie laat is, moet ons hierdie woorde van Ramaphosa vasgryp, in ons geheue hou en saam bid dat plaasmoorde en -aanvalle nou as ’n voorrangsaak aandag gaan geniet. Baie, baie dankie aan die president van die pragtigste land ter wêreld. Jy is nou beslis op die regte pad.
Dit is werklik met ’n gees van opgewondenheid, blydskap, dankbaarheid en groot verwagtinge dat ek hierdie brief skryf. Uiteindelik is my gebede verhoor en ek glo ook dié van miljoene ander mense oor Suid-Afrika heen.