Veral boere van Koster en Swartruggens in Noordwes was uiters teleurgesteld met die toespraak wat president Cyril Ramaphosa op Menseregtedag gelewer het. Op Koster, waar hy die skare toegespreek het, was daar dae lank geen drinkwater nie, wat ’n ernstige skending van menseregte is, maar hom min geskeel het.
Ten spyte van swak regering, diefstal, armoede en werkloosheid was sy modus operandi as staatshoof eerder om aan te val en ou koeie uit die sloot te grawe.
Met die klem op Sharpeville, en skielik op Swartruggens, waar vier mense in 2019 ná ’n inbraak en diefstal deur ’n jong boer doodgeskiet is, was die skare behoorlik opgestook.