Hoe voel dit as vrou wanneer mense jou klere afstroop en jou met sadistiese genot slaan en skop tot jy totaal weerloos en bebloed voor hulle staan?
Jou dan onder ’n stort indruk en net die warm water oopdraai, en as dit nie warm genoeg na hul sin is nie, jou uitsleep en ’n vuurwarm strykyster teen jou naakte liggaam druk tot die vel afskroei?
Wetende dat dieselfde wesens wat jou martel en vermink, dalk reeds jou geliefde lewensmaat vermoor het? Met die allesoorheersende vrees dat die ergste dalk nog wag?