Die afgelope begroting en veral me. Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, se voorligting daarna het ons vermoede bevestig dat die regering se rooftog op pensioenfondse op hande is.
Die tekens was lankal daar. Eers sou daar verpligte beleggings wees. Toe sou beleggings in infrastruktuurprojekte op uitnodiging plaasvind. Beleggings sou aanloklik gemaak word.
Ons by die vereniging vir die monitering en bevordering van staatsdienspensioene (AMAGP) vertel toe vir die regering die storietjie van jakkals wat vir gansie nooi om by hom te kom eet.