Waar jy jou ook al bevind, staan vir ’n oomblik stil en kyk om jou. In die Waterbergbosveld is dit lowergroen en die grashalms buig asof hulle groet. In ons voormalige tuislande, waar die natuurlewe uitgewis is, behoort gras in die winter hoog te vlam, want vee word deesdae na dorpe toe aangejaag.
Staan jy langs jou gesaaides wat besig is om te verdor en jy nie kan red nie? Jy is kwaad as jy die sweet en trane afvee. Voor jou is die riviere vol, maar die kosbare water vloei doelloos see toe. Hoe is dit moontlik dat kragsentrales nou feitlik almal gelyk breek?
Daar is nie steenkool nie, maar voor jou ry 350 vragmotors met sleepwaens vol steenkool om uitgevoer te word. Dit sal interessant wees om te verneem wie die eienaars van die vragmotors is.