’n Volk wat vir sy landbou sorg, sorg vir sy toekoms. Dit is egter duidelik nie vir die ANC-regering en die departement van landbou, grond- hervorming en landelike ontwikkeling ’n voorrangsaak om na Suid-Afrika se boere om te sien nie.
Die departement het ’n rug-na-voor-benadering wanneer dit kom by die oplos van probleme en die aanpak van projekte. Grondhervormingsprojekte, die kannabis-meesterplan en al sy fasette, die AgriSEB-fonds en die nasionale landelike jeugdienskorps (Narysec) is ’n paar voorbeelde van projekte wat nie aan die gang kom nie.
Die probleem is die ANC, want die ANC pak alles ideo- logies pleks van in ekonomiese belang aan. Totdat die minister en haar departement hierdie denkskuif maak, gaan alle boere en gevolglik ook die ekonomie altyd verloor.